Twee van die grootste trekpleisters in die Indian Wells-tennistoernooi wat in Kalifornië in Amerika beslis word, het onverwags hul rieme in die kwarteindronde styfgeloop, wat die kaarte in die mansafdeling lelik deurmekaargeskommel het.
Alles vir Saterdag 16 Oktober 2021
Gholf: Erik byt vas, Louis en Branden sak uit
Slegs Erik van Rooyen se naam pryk tussen die voorlopers ná die eerste twee rondes van die CJ Bekertoernooi in Las Vegas en die Andalusiese Meesters in Valderrama in Spanje.
Mej. SA 2021: Hier is alles wat jy moet weet
Die nuwe mej. Suid-Afrika word Saterdag in Kaapstad gekroon en vanjaar se geleentheid beloof om een te wees wat lank in mense se geheue geëts sal bly.
Man vas oor antieke items en munte
ʼn Man is in Bloemfontein in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat hy met antieke munte, horlosies en ander oudhede in sy besit betrap is.
19-jarige eindelik tuis ná maande lange Covid-stryd
“Ons gesin was omtrent tien keer hel toe en terug.”
DF Malan-skool: Stemming gehou ondanks teenkanting
Daar is Vrydag vir ʼn nuwe naam vir die Hoërskool DF Malan in Bellville, Kaapstad, gestem.
‘Choke?’ Aikôna, sê Faf in IPL-finaal
Dalk sou hy nie ’n slegte toevoeging tot die Proteas se Wêreldbekerspan gewees het nie; hy is immers reeds in die Verenigde Arabiese Emirate.
Stormers verfomfaai Dragons in skrums
Wanneer ʼn rugbyspan die dag nie kan skrum nie, kan hy maar ʼn oorwinning op sy maag skryf.
Só lyk jongste Covid-19-statistieke
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is die jongste positiwiteitskoers 2,3%.
Gedagte vir die dag: Christus: Alles
God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep. Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand. (Kolossense 1:16-17)