Intussen is die veglustige Ben Stokes ook weer deel van Engeland se planne vir die komende Reeks om die As.
Alles vir Maandag 25 Oktober 2021
Is Duitsland se ekonomiese suksesverhaal se dae getel?
Daar is egter nou vraagtekens of die ekonomiese suksesverhaal sal voortduur. Veel hang van die nuwe regering wat tans aan die ontstaan is af.
Vermoorde dominee se man skoonveld
Werner de Jager is Sondag by die polisie as vermis aangemeld.
SA’ners gewaarsku oor donderweer, hael
Reën word van Maandag af vir groot dele van die land voorspel.
Verdagte sterf, boer beseer ná struweling op plaas
Die verdagte het glo die boer en sy familie met ʼn skerp voorwerp aangehou.
Darem baie geld vir ’n paar tekke
Michael Jordan se wit-en-rooi Nike Air Ship-tekkies het vir ’n rekordbedrag op ’n veiling verkoop.
Inwoners gestrand ná betogers paaie sluit
Talle mense kon Maandagoggend nie werk of skool toe gaan nie nadat betogers paaie om Mbombela (Nelspruit) afgesper het.
Video: Rudie van Rensburg gesels oor ‘Hans bars die bioborrel’
‘Hans bars die bioborrel’ is die derde roman in Rudie van Rensburg se komiese reeks oor Hans van Kraaienburg, verlosser van Huis Madeliefie se oumense.
‘Net koffie’ se pavlova
Jy kan enige van jou gunstelingvrugte vir dié pavlovaresep gebruik.
Stadsjapies vat voor met brandbestryding
ʼn Spuitvliegtuig kos R23 000 om dit vir ʼn uur in die lug te hou, maar hulle het bevestig dat hulle dadelik sal kom as die geld in hulle rekening is.
Cleo Smith: Polisie soek nou na voertuig
Die polisie het ook op bewyse afgekom wat bevestig dat die kleuter wel die betrokke dag by die kampterrein was.
Grondpadvreter van formaat
Ford het pas sy Ranger Raptor SE bekend gestel.
Geen inenting dalk nodig vir spelers by Australiese Ope
Novak Djokovic, ʼn negemalige Australiese Ope-kampioen, is een van talle spelers wat weier om sy inentingstatus bekend te maak.
Familielid vas ná moord op afgetrede polisieman
Die verdagtes is vasgetrek nadat twee mans betrap is waar hulle bloed in ʼn motor probeer skoonmaak het.
Bruidegom dag ná troue doodgeskiet
Die vyf slagoffers het in ʼn rondawel op die terrein waar die troue plaasgevind het, gesit toe hulle geskiet is.
Johannesburg toe nie beurtkrag gespaar
Nadat City Power oor die naweek gesê het Johnnesburg sou van beurtkrag kwytgeskeld wees, het die kragvoorsiener nou ’n ommekeer gemaak nadat hy met Eskom vergader het.
Kohli: ‘Ons het Pakistan nie onderskat’
Babar Azam en Kie. het Indië met tien paaltjies in hul T20-Wêreldbekerwedstryd verrinneweer – dit is die eerste keer in 13 probeerslae dat hulle die Indiërs in ’n Wêreldbeker-kragmeting kon troef.
‘Friends’-akteur (59) sterf
“As jy hom een keer ontmoet het, het jy ʼn lewenslange vriend gemaak.”
Stem vir goeie skole, krag, veiligheid – Ramaphosa
“Die land het wyksraadslede nodig wat ʼn duidelike plan het om beleggings en sakegeleenthede in hul buurte te bevorder.”
Sepiegids: Renate dryf Simon tot breekpunt in ‘GMR’
In ‘Arendsvlei’ is Ronel en Thys steeds nie op ’n goeie plek nie en in ‘Binnelanders’ word ʼn wig verder tussen Danny en Chanel in gedryf.