Dit is die Oscar-benoemde Lady Gaga se tweede hoofrol in ʼn rolprent.
Alles vir Woensdag 10 November 2021
Grootste Grap: Hier is die top-10-grappe
Kies jou gunsteling uit die tien finaliste wat as die Grootste Afrikaanse Grap van Alle Tye aangewys moet word.
#JongStemme: Tradisies in skole, koshuise en universiteite
Ek is tans in ʼn baie tradisieryke koshuis aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Ek vra myself gereeld die vraag af: Hoekom het ons al hierdie tradisies (waarvan sekeres vir geen persoon met ʼn gesonde verstand sin maak nie)?
Bejaarde beroof ná sy onder eie kar beland
Die vrou is ernstig beseer toe haar motor bo-oor haar gery het.
Staking by Eskom veroorsaak steeds vertragings
Die sloerstaking is verlede Sondag reeds beëindig, maar Gautengers ervaar steeds onbeplande onderbrekings.
Landbou gaan gebuk onder tekort aan glifosaat
Die wêreldwye glifosaatverskaffingsketting is die afgelope tyd deur ʼn reeks terugslae (sommige opspraakwekkend) getref, wat gewasprodusente onder geweldige druk geplaas het.
Gee vonk van hoop vir vervolgde Christen-kinders
Vervolgde Christene elders in die wêreld se Kersfeesviering verskil aansienlik van dit waaraan ons gewoond is.
’n Passie vir die draadloos, rugby en Afrikaans
Johan Pretorius en Simon Riekert droom daarvan om Afrikaanse radiorugbykommentaar weer terug in die huise van sportliefhebbers te kry.
Alles wat jy wil weet oor nauurse studieopsies vir 2022
Die nauurse model bied ʼn gerieflike rooster vir enige persoon met ʼn besige skedule wat steeds hulle studiedrome wil nastreef, ongeag waar hulle hulself tans bevind.
Asdrom reis 5 600 km van VSA na Ierland
Dis ʼn wonderlike reis vir asdrom, maar ons sou natuurlik verkies het dat hy op ons strand gebly het eerder as om in die Golfstroom rond te kerjakker!”
Shoprite word ‘groener’ met sonkragopwekking
Shoprite beoog om teen 2050 geen kweekhuisgasse vry te stel nie en slegs op hernubare energie staat te maak.
‘Inbreker’ geskiet toe hy huis betree
Die eienaar van die huis het glas op sy eiendom hoor breek en ’n man op heterdaad betrap toe hy toegang tot die huis probeer kry het.
Eerste Afrikaanse konsert van sy soort
Die SING, HOOP, WEERKLINK-konsert is die eerste van sy soort en word op 30 November deur Solidariteit Helpende Hand in Pretoria aangebied, asook regstreeks op aanlyn platforms uitgesaai. Kunstenaars soos Demi Lee Moore, Mathys Roets, Ricus Nel en Vernon Barnard gaan by die geleentheid optree, en Drihan Du Plessis – uit wie se droom dié konsert voortgespruit het – sal ook sy lied “Sing, Hoop, Weerklink” tydens die geleentheid bekendstel.
Ma wat eie lewe neem ‘leef voort in seuntjies’
“Hul gesiggies en wese het altyd opgehelder as jy die vertrek binnegekom het. Nou wag hulle vir hul mamma, maar sy kom nie meer nie.”
Video: Kleuter onderbreek minister-ma se Facebook-uitsending
Hoewel Jacinda Ardern, Nieu-Seeland se eerste minister, met haar driejarige dogtertjie onderhandel het om weer te gaan slaap, moes sy eindelik haar regstreekse uitsending kortknip.
‘People’ se sexyste man van 2021 is…
“Wanneer ek aan myself dink, dink ek net aan myself as ʼn man en pa.”
Sama eis antwoorde oor J&J-opvolgdosis
Volgens die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging moet die departement eers ʼn aantal onduidelikhede opklaar voordat opvolginentings toegedien word.
Trane loop oor hulp vir kleuterskool-assistent
Meer as tien ouers van die Speel Speel Skool waar Martha werk, het ná die skietvoorval na Good Morning Angels uitgereik om Martha by te staan.
Resep: Gevulde sampioene met brie
Hierdie is nie jou gewone knoffelsampioene nie.
Sakeliga stuur nuwe arbitrasieplatform van stapel
Die projek het ten doel om die enorme agterstande met kommersiële regspleging in Suid-Afrika, wat die ekonomie ernstig kniehalter, te help oplos.