“Eenvoudig gestel: daar was geen rede vir ʼn skerp patroon om in daardie .45 Colt, of enige plek op die Rust-stel, te wees nie.”
Alles vir Donderdag 11 November 2021
Bewaarder met dwelms op tronkterrein betrap
Die dwelms was onder andere heroïen en crystal meth, met ʼn straatwaarde van honderde duisende rand.
Dié kakebeenwa trek weer
Na baie jare in ’n stoor kreun die ossewa weer voort, maar dié keer in ’n suidelike rigting.
FW de Klerk (85) sterf
Oudpres. FW de Klerk het in Maart, op sy 85ste verjaardag, bekend gemaak dat hy met mesotelioom (‘n kanker wat die weefsel in die longe aantas) gediagnoseer is.
‘Verlore’ liedjie deur The Beatles-groeplede sien die lig
Harrison en Starr was in 1968 besig om “Hey Jude” in Londen op te neem toe dié liedjie, wat vir jare op ʼn solder stof opgegaar het, opgeneem is.
Vier Biltong-fees met room van Afrikaanse musiek
Die koningin van Afrikaanse musiek, Juanita du Plessis, en die bekroonde immergewilde sanger Kurt Darren is van die 12 kunstenaars wat vir die vermaak sorg.
Podlitiek: Eskom-uitdagings duur voort, politieke partye soek soort
In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span die situasie wat tans by Eskom heers, asook die skep van koalisies ná die afgelope munisipale verkiesing.
Skotte se selfvertrouebeker loop oor
Ná ’n paar agtereenvolgende oorwinnings moet daar Skotse rugbyondersteuners wees wat dink dat hul span reeds die Sesnasiesreeks in die sakkie het.
SA juig saam oor Moti-broers se terugkoms
Duisende mense, insluitend bekendes, het met ywer die nuus gedeel en God geprys vir hul terugkoms.
EFF steek ook kop in Mej. Heelal-bynes
Die EFF het Woensdag ook druk op die nuwe Mej. Suid-Afrika, Lalela Mswane, geplaas om haar aan die Mej. Heelal-kompetisie in Israel te onttrek.
Min tyd vir Gauteng-skole om plasings te evalueer
Foute ontstaan veral in die geval waar leerders nie plek in dieselfde skool as hul sibbe gekry het nie.
Beurtkrag binnekort opgehef
Eskom se bestuur moes vanoggend nie net vrae oor beurtkrag beantwoord nie, maar ook oor die beplande instandhoudingswerk by die Koeberg-kragstasie.
Angelique se ekskêrel vandag in hof
“Ek sal veg vir geregtigheid,” sê Angelique Fourie se pa op Facebook.
Video: Hannes Barnard gesels oor ‘Roet’
‘Roet’, geskryf deur Hannes Barnard, volg op ‘Wolk’ wat in 2020 verskyn het. Die tienertemas wat in die roman behandel word, is eie aan die teikengroep.
Taalgebruik: Geslagsname van wildsbokke
Watter wildsbokke van die manlike geslag noem ʼn mens ʼn ram, en watter ʼn bul? En wat die vroulike diere betref: Wanneer praat ʼn mens van ʼn ooi, en wanneer van ʼn koei? Taaltoffie stel ondersoek in.
Tendulkar besing Mitchell se lof
John Mitchell, die voormalige All Blacks-breier, was ook daar om sy seun se spogbeurt regstreeks te volg.
Nooddienste ‘weekliks’ aangeval
Hospersa verwag dat die aanvalle op nooddienspersoneel net nóg meer sal toeneem tydens die feestyd.
YouTube steek duim-af-ikoon weg
“YouTube wil respekvolle interaksie tussen kykers en skeppers bevorder. Ons gaan hiermee eksperimenteer en die data het reeds getoon daar is ʼn vermindering in negatiewe gedrag.”
De Ruyter doen glo regstappe ná Twitter-dreigemente
ʼn EFF-lid het onder meer ʼn beroep op mense gedoen om die Eskom-baas se adres op sosiale media te publiseer.
Marie Antoinette se armbande skitter op veiling
Dit is die eerste keer dat die armbande, wat 112 ou geslypte diamante bevat, ooit onder die hamer kom. Dit is vir meer as R120 miljoen verkoop.