Alles vir Donderdag 30 Desember 2021

Hoe gereeld word julle asblikke leeg gemaak?

Wys ons vir ons kinders hoe om slegte gewoontes op te vee en weg te gooi? Maak ons hulle opgewonde om te staan en kyk hoe God ons laste kom haal? Skater ons van opgewondenheid en vreugde as ons sien hoe ons leë en skoon asblikke weer terug ontvang? Of steek ons die vullis onder ’n mat weg sodat ons kinders dit nooit kan sien nie en daardeur ook nooit God se verlossing in ons huise kan sien nie.