Die hoofverdagte in die 11-jarige meisie se ontvoering is glo reeds in Desember in Mosambiek in hegtenis geneem.
Lees meerAlles vir Woensdag 5 Januarie 2022
Parlementêre staf, tapisserie spring vlamme vry
Die museum is ook nie in die verwoestende brand by die parlementêre kompleks in Kaapstad beskadig nie.
Baba op Kaapse strand gebore
“Vrywilligers het die situasie beoordeel en gesien dat die baba se kop reeds sigbaar was.”
‘Help Vrystaat-boere’, pleit TLU SA
Vloede en hael het na raming sowat 6 000 ha vernietig.
Toets op ’n mespunt gebalanseer
Die Proteas benodig nog 122 lopies om die wedstryd te wen.
Aanval op Konstitusionele Hof ‘ook ʼn aanval op demokrasie’
ʼn Man is Woensdagoggend in hegtenis geneem nadat hy die hof se vensters glo met ʼn hamer uitgeslaan het.
Zondo-verslag gaan ‘stof opgaar’
Die kommissie word daarvan beskuldig dat sy aanbevelings te lig in die broek is.
Stokkie gesteek voor rowerplanne by poskantoor
ʼn Verdagte man en vrou het toegang tot die poskantoor probeer verkry kort nadat ʼn geldafleweringswa die perseel verlaat het.
Man vas wat hof se vensters met hamer takel
’n Waarskuwingskoot is afgevuur nadat die verdagte bloot aangehou het om die hoogste hof se vensters uit te slaan selfs nadat hy beveel is om daarmee op te hou.
Hond lei polisie na beseerde eienaar
Die hond het van polisiebeamptes bly weghardloop totdat hulle die ongelukstoneel bereik het.
Onnie vas ná sy glo leerder teen Covid inent
Die Amerikaanse seun se ouers het die polisie ontbied nadat hy by die huis gekom en aan hulle vertel het wat gebeur het.
Boer huil in landerye: ‘Ons stuur af op ʼn ramp’
Sommige boere het Dinsdag tot meer as 100 mm reënval op hul plase gehad, terwyl die weerdiens nóg reën vir die volgende paar dae voorspel.
Globes gaan voort sonder gehoor, media
Die geleentheid word tradisioneel gereken as een van Hollywood se grootste byeenkomste, maar dit word egter vanjaar weer deur die pandemie asook bewerings van rassisme, seksisme en boeliery gekelder.
Nuwe gesin wys gesig in ‘7de Laan’
Hannelie Warren en Zak Hendrikz, wat voorheen onderskeidelik die rolle van Ilse Ferreira en Eben Nel in “Binnelanders” vertolk het, vorm deel van dié gesin.
DA wen stryd oor openbaarmaking van rekords oor kaderontplooiing
Die staatskapingskommissie het die notules ná maande lange druk deur die DA bekend gemaak.
Vroue-trust, Avon takel verbale mishandeling in SA
Emosionele en verbale mishandeling het ʼn enorme sielkundige uitwerking op vroue, onder andere vrees, angstigheid, depressie, stres, slaap- en eetversteurings, alkohol- en dwelmverslawing en selfmoord.
‘Kom haal jou kind’, hoor ma van ontvoerde leerder
Die Gautengse onderwysdepartement is “verheug” oor die 11-jarige leerder van die EP Baumann Primary School in Mayfair.
Verbeter jou geldsake met dié wenke
“Om nou jou finansies te bestudeer en ʼn paar realistiese doelwitte vir 2022 te stel, sal jou help om voor te berei vir die onvermydelike uitdagings wat die nuwe jaar sal bring.”
Inentingsertifikaat, anders geen toegang by Kovsies
Personeel en studente wat nie teen die koronavirus ingeënt is nie, sal elke week ʼn negatiewe Covid-19-toets op die universiteit se nuwe aanlyn stelsel moet laai.
Aussies woedend vir ‘No vac’ Djokovic
Indien die tenniskampioen se bewyse vir mediese vrystelling onvoldoende is, “sal hy nie anders as enigiemand anders behandel word nie en op die volgende vliegtuig huis toe wees”.