Dit is nog onseker wat presies die parlement se versekering van R4 miljoen per jaar dek.
Alles vir Maandag 10 Januarie 2022
Berugte FB-boef kom sy moses in Potch teë
Die 47-jarige Brad Bilton is ʼn veroordeelde bedrieër wat veral enkellopende en geskeide vroue teiken.
N4 eis 7 in twee dae
’n Ses maande oue baba is onder die slagoffers wat in botsings op die N4 in die omgewing van Rustenburg omgekom het.
Kazakstan in opstand
Kazakstan, die sentraal-Asiatiese staat, is selde in die nuus. Daar het egter nou opstande uitgebreek wat op die voorgrond oor ekonomiese griewe gaan, en spesifiek die drastiese styging in die koste van brandstof.
Beskerm jou liggaam teen infeksies met gesonde kos
Daar is geen wonderkuur wat die immuunstelsel oombliklik kan versterk nie, maar ʼn gesonde leefstyl en verskeie aanvullings kan die immuunstelsel ʼn hupstoot gee.
Sebastien woeker, maar Nasser steeds voor
Suid-Afrika se Giniel de Villiers is egter deur meganiese probleme gekniehalter.
Swemmers dood toe piranhas toesak
ʼn Verdere 20 mense is deur die piranhas beseer toe hulle in riviere in Paraguay geswem het.
Los Olimpiese voertuie in ongelukke uit – Polisie
Duisende mense wat by volgende maand se Olimpiese Spele betrokke is, sal weke lank in ’n kokon wees sonder toegang tot die buitewêreld.
Tweedehandse onderklere vir Noorweegse dienspligtiges
Noorweegse dienspligtiges sal hul onderklere moet teruggee ná hulle hul diensplig voltooi het.
Rooivleisbedryf groet ʼn reus
“Hy was ʼn baie sterk wetenskaplike, maar ook ʼn goeie administrateur en kon baie goed met mense werk en het bekwame mense aangestel.”
‘Slagoffers op elke vloer’ toe woonstelblok brand
Die brand in New York word reeds bestempel as een van die ergste brande in die stad se geskiedenis.
Foto’s: Vrou trou met die kleur pienk
Dit was ʼn bisarre seremonie en vermoedelik die eerste van sy soort.
Alfa se Stelvio-sportnuts druk sy stempel af
Daar is net ’n ander tipe opgewondenheid wanneer jy agter die stuur van ’n Alfa inklim. En die Stelvio is geen uitsondering nie – met sy onmiskenbare Italiaanse ontwerp laat hy behoorlik die koppe draai.
Rafa glimlag weer groot
Rafael Nadal het ’n ATP 250-toernooi in Melbourne gewen nadat ’n voetbesering en Covid-19 hom lank van die baan af gehou het.
Foto’s: Brand in Overberg woed voort
Brandbestryders sukkel reeds sedert Saterdag om die brand in bedwang te bring en te keer dat dit na huise in die gebied versprei.
Kind se liggaam in stroom gevind
Die negejarige seun se ouers het hom Vrydag as vermis aangemeld.
Golden Globes 2022: Hier is die wenners
Die geleentheid het sonder enige gehoor of regstreekse mediadekking voortgegaan en die wenners is onder meer op Twitter aangekondig.
Ondersoek na Moti-ontvoering duur voort
Sedert die kinders se veilige terugkoms weier die gesin om met die polisie saam te werk.
Djokovic wen hofsaak
’n Australiese regter het ’n kort rukkie gelede in Djokovic se guns beslis en beveel dat hy onmiddellik uit ’n immigrasiesentrum vrygelaat word.
Kraaie gaap dié week in Kaap
Reën word nog tot Dinsdag in dele van die drie Kaapprovinsies verwag.