Intussen moet motoriste wat hul bestuurslisensies hernieu van tydelike rybewyse gebruik maak.
Alles vir Woensdag 12 Januarie 2022
Wat sê Zondo-verslag oor stand van demokrasie?
Die groot vraag is: Wat sê dit alles vir Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse demokrasie?
Meer Covid-19-weerstand dalk weens verslapte regulasies
Talle mense het matiger simptome, indien enigsins, ondervind en die hoogs aansteeklike virus het dus vinnig versprei. Gashere om te besmet het egter net so vinnig opgedroog.
Gedig: In die konsentrasiekamp
“Jou oë is nat met die trane van gister;
Jou siel is gemartel, deur smarte gepla.” Lees C Louis Leipoldt se hartroerende gedig, “In die konsentrasiekamp”.
Foto’s: Grootoog haasbekkies daag op vir gr. 1
“Elke jaar se gr. 1’s is anders. Elke jaar is dit soos ʼn nuwe geskenkie wat jy kry. Jy maak dit oop en ontdek wat in die pakkie is. Elke kind is uniek.”
Seb moet weer vir Red Bull jaag, meen Bernie
“Ons weet nie eintlik meer hoe vinnig hy is nie, want sy huidige renmotor is glad nie mededingend nie.”
Frustrasie met stadige internet laat man in tronk beland
Die brand in China het ʼn dae lange internetonderbreking tot gevolg gehad, terwyl die man as “ʼn groot baba” op sosiale media uitgekryt is.
Luister: Giniel la’t wiel in woestyn
Dit was ook ’n geskiedkundige dag vir die Toyota Gazoo Racing-span.
Talle gebiede in Oos-Kaap nog in donker ná storms
Sommige gebiede sit nou al reeds sowat ʼn maand lank sonder krag.
Djokovic erken fout in reisdokumente
Die Serwiër erken ook dat hy met ’n joernalis byeengekom het nadat hy in Desember positief vir die koronavirus getoets het.
Brexit – wat is die ekonomiese impak?
Trouens, die voorspelde ramp wat Brexit sou wees, het nie gebeur nie.
Polisiebeamptes laat vaar noodoproep om Pokemon Go te speel
Hulle het die seldsame Snorlax en Togetic gevang, maar geen misdadigers nie.
Resep: Wors-en-fetakaas-slaai
Oorweeg dié slaai met botterskorsie, boerewors en fetakaas, ʼn kombinasie waarmee jy net kan wen.
Markram, kolwers moet nou sterk staan
Kagiso Rabada het in sy 50ste toets vir die Proteas soos die vurige snelbouler van ouds gelyk toe hy die Indiese kolwers op Nuweland laat bontstaan het.
Kinders uit Durban-see gered
Strandgangers het die twee meisies, wat glo familie is, te hulp gesnel.
Oscars 2022 kry weer aanbieder
Die toekenningsgeleentheid is sedert 2019 sonder ʼn seremoniemeester aangebied.
Parlement-brand: Beskuldigde vir waarneming gestuur
Die verdediging het ook aangevoer dat Mafe dreig om met ʼn eetstaking te begin indien sy borgtogaansoek nie voortgaan nie.
Mans ná ses ure uit stormsee gered
“Ons het begin beelde sien. Enige voorwerp in die verte het soos ʼn boot begin lyk. Ons het aan elke greintjie hoop probeer vashou.”
Een dood ná mesvoorval by Mthatha-tronk
ʼn Mesvoorval by die Mthatha- korrektiewe sentrum in die Oos-Kaap het tot die dood van ʼn gevangene gelei, terwyl nog ʼn gevangene en ʼn korrektiewe beampte beseer is.
17 dood in gru-ongeluk op N1
Sewentien mense is dood en agt beseer in ʼn trompop botsing op die N1 naby die Mookgophong-afrit in Limpopo.