’n Plaaslike kontrakteur het hom oor die gesin ontferm nadat hul huis kort voor Kersfees tot op die grond afgebrand het.
Alles vir Maandag 17 Januarie 2022
Woord: ginnegaap
“Wat sit julle daar en ginnegaap?” Taaltoffie ondersoek die gebruik van dié woord.
Boek: Nóg Dolfie Weerwolfie-avonture
Hierdie gewilde Nederlandse reeks oor ʼn jong seuntjie wat op sy sewende verjaarsdag ʼn weerwolf word, is nou ook in Afrikaans beskikbaar.
Huurder doodgeskiet in aanval op kleinhoewe
Die bejaarde vrou het haar gewonde man in die sitkamer aangetref en in die kombuis op die liggaam van ʼn 60-jarige man afgekom wat ʼn huis op die hoewe gehuur het.
Texas-gyseldrama: Verdagte was Britse burger; twee tieners vas
Brittanje se teen-terreurpolisie het ure later twee tieners in Manchester in verband met die voorval in hegtenis geneem.
Jong man aangekla ná ma verdwyn, lyk gevind word
ʼn 28-jarige man sal Maandag in die Knysna-landdroshof verskyn op aanklag dat hy sy 59-jarige ma vermoor het.
Man geskiet toe hy glo by SAUK-kantoor inbreek
ʼn Veiligheidsbeampte het omstreeks 04:30 ʼn vermeende betreder in die kantoor opgemerk en bystand ontbied.
Covid-19-statistieke: Aktiewe gevalle daal steeds
Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (28%) aangemeld, gevolg deur Gauteng (23%) en KwaZulu-Natal (21%).
JMPD soek geregtigheid ná moord op beampte
Die Johannesburgse metropolisiediens (JMPD) sê hy sal geen steen onaangeroer laat om te verseker dat die moordenaars van een van sy beamptes aan die pen ry nie.
Resep: Soetpatatgebak met dadels en babawortels
Hierdie muffinresep kom uit Karlien van Jaarsveld se resepteboek ‘Karlien kan nie kook nie’.
Gedagte vir die dag: Eet die Woord
Mens, eet die boekrol wat Ek jou gee, eet jou vol. (Esegiël 3:3)