Dit is op Java se Instagram-rekening duidelik dat hy ’n lewe van weelde leef en hy spog gereeld met peperduur motors, stapels geldnote en ontwerpersklere.
Alles vir Dinsdag 25 Januarie 2022
Dié Kia-wa ʼn ware gesinsbus
Dit is ʼn sewesitplek-gesinsvoertuig wat elke luuksheid bied.
Gesteelde poskantoorgeld in kopstuk gevind
Twee vermeende rowers het vroeër die maand by ’n poskantoor op Smithfield toegeslaan en met ’n onbekende bedrag geld gevlug.
Verslag oor PPE-bedrog bekendgemaak
Meer as die helfte van die kontrakte wat aangegaan het, was onreëlmatig en kom neer op R2 miljard se wanbesteding.
Man (70) dood buite KZN-plaashuis aangetref
“By hul aankoms is ʼn man met noodlottige beserings in die tuin buite die huis aangetref en hy is op die toneel dood verklaar.” Hy was vasgebind.
Maagkwaal, Shapovalov stuit Nadal nie
“Ek het ’n paar weke gelede gewonder of ek ooit weer mededingende tennis sou speel; om nou hier voor julle te staan is ’n reusegeskenk.”
30 000 sê reeds ‘nee’ vir Eskom-prysverhoging
Die DA meen die oorweldigende reaksie op die party se petisie beklemtoon hoe “gevoelloos” Eskom se aansoek werklik is.
Kongres vir kerke wil gemeenskappe bevorder
“Die doel van die kongres is om ʼn platform vir rolspelers te skep om saam te dink, saam te praat en saam te beplan oor die samelewing se opdrag om na mekaar om te sien, mekaar lief te hê en mekaar te versorg.”
Spanning verhoog weens Russiese magte op grens
Die VSA het 8 500 troepe op “hoë gereedheidsbasis” geplaas aangesien Rusland weier om bes te gee deur sy teenwoordigheid aan die grens van Oekraïne te onttrek.
Teoloog, skrywer Jaap Durand sterf
Durand was ʼn uitgesproke kampvegter teen apartheid en is as “legende” by die UWK bestempel.
Lewis dalk op pad Hollywood toe?
Die oudrenjaer Jacques Villeneuve meen Lewis Hamilton kan dalk sy tasse vir die VSA pak.
Wetgewing skadelik vir nuwe saadteeltegnologieë
Die saadbedryf het appèl aangeteken teen die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling (DALRRD) se besluit dat nuwe teeltegnieke (NTT’s) volgens tradisionele geneties gemanipuleerde organismes (GMO’s) geëvalueer moet word.
Renoster jare ná gru-aanval hervestig
Die tienjarige renoster is destyds so erg deur stropers vermink dat hy skaars kon vreet of hoor.
Ruhan du Toit ‘sing vir ons kinders’ op Top-20
Demi Lee Moore is kort op Eloff se hakke met “Wie se hart breek jy vanaand”.
Boekresensie: My ‘hacks’ vir die lewe
“Ek wens ek kon Leandie se boek jare gelede lees toe ek die grootmenswêreld vir die eerste keer aangedurf het.”
Nadal in titaniese Shapovalov-stryd gewikkel
Intussen is Stefanos Tsitsipas se pa op die vingers getik ná sy seun se oorwinning gister.
Ramaforie en Zumafobie
Die volgende vraag wat met erns beantwoord moet word, is: Waar eindig voormalige president Zuma se nalatenskap en waar begin president Ramaphosa se verantwoordelikheid?
Bekende Franse modeontwerper sterf
Hy het veral ʼn hand in mode van die 1980’s gehad.
Uitdrukking: Antjie Somers
Die legende van Antjie Somers word al vir generasies lank vir kinders as bangmaakstorie vertel. Taaltoffie ondersoek die herkoms van hierdie uitdrukking.
Agterblad-span gesels met Schalk Brits
Die gewilde haker gesels oor sy loopbaan, die Springbokke en vele meer.