In die petisie vra die AA dat die regering ʼn oudit van alle bestaande elemente rondom die beraming van die petrolprys doen.
Alles vir Dinsdag 1 Februarie 2022
Portugal: Sosialiste wen volstrekte meerderheid
Iets wat deesdae in Westerse demokrasieë die uitsondering is – dat een party met ʼn volstrekte meerderheid en sonder koalisievennote regeer – het nou in Portugal gebeur.
Betogings bring Ottawa tot stilstand
Inwoners is in hul huise vasgekeer, sakeondernings is tot stilstand gebring en verkeer is ontwrig. Van die vragmotors het ook die grenshoofweg na die VSA versper.
Buffelsfontein-liedjie ʼn treffer op Top-20
Riaan Benadé oorheers vandeesweek die Top-20 met vier van sy snitte wat op dié treffersparade verskyn.
Motoris vrygelaat ná driekampatleet sterf
Regsverteenwoordigers meen die polisie het versuim om ’n magdom bewyse aan aanklaers te verskaf.
Mitch laat Shane op sy neus kyk
“Shane se kritiek interesseer my hoegenaamd nie,” het Mitchell Starc gesê nadat hy as Australië se voorste krieketspeler aangewys is.
Drie vas, een dood ná gewapende huisroof
Die vier verdagtes het die huiseienaar geskiet en dié is per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.
Hipnose vir fliekgangers by filmfees
“Mens raak ontslae van al die geraas en wat ook al jou aandag kan aftrek en met die klank kan mens regtig die fliek ervaar.”
Resep: Geroosterde aspersies met lemoen- en olyfsalsa
Oorweeg gerus dié heerlike gereg as ʼn bykos vir jou volgende braai!
Maatskappy mag werkers wat inenting weier, skors
Gideon Kok is die opsie gegee om weekliks ʼn Covid-19-toets te ondergaan, maar het dit net ʼn paar keer gedoen. Hy het daarna geweier omdat hy self vir die toetse moes betaal.
Gemeenskap treur oor VF Plus-raadslid
“Jan was nie net ’n kollega nie, maar ook ’n goeie vriend. ’n Uitstekende raadslid en ’n pa wat alles vir sy vrou en kinders sou opoffer.”
Faf se kolf doen steeds die praatwerk
Die voormalige Protea-kaptein het 83 onoorwonne lopies vir die Comilla Victorians in Bangladesj geslaan.
Student wil oorlede pa ‘in sterre soek’
Michaela Liebenberg het sewe onderskeidings in die afgelope matriekeksamen behaal en wil graag ’n astrofisikus word, ter herdenking aan haar oorlede pa.
Motoris wou glo vlug ná fietsryer sterf
“Dit is ontnugterend dat ons steeds onskuldige lewens verloor as gevolg van die onwettige gedrag van bestuurders wat daarop aandring om agter die stuur van ʼn motor in te skuif wanneer hulle duidelik onder die invloed van alkohol is.”
Moord voor aftree-oord: Pensioenaris sou emigreer; verdagte vas
“Die beeldmateriaal wys hoe verdagtes met die slagoffer worstel, hom daarna verskeie kere skiet en hom uit die voertuig gooi voordat hulle met sy grys Ford Figo wegjaag.”
Gebrek aan belegging rede vir werkloosheid, ongelykheid
Terwyl “minderheidsgroepe” en ander faktore dikwels die skuld kry vir ongelykheid en armoede, sê ekonome dié narratief skets nie ʼn omvattende prentjie nie.
Vrou ‘verpletter’ ná honde huiswerker aanval
Daar was glo al verskeie dreigemente van geweld teen Chandré van der Linde sedert die voorval op 25 Januarie.
Covid-19-statistieke: Net meer as duisend nuwe gevalle
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is die jongste positiwiteitskoers 8,1%.
Paartjie verongeluk meters van huis
Twee motors het glo resies in die pad gejaag toe die een motor die paartjie se motor getref het.
Nuwe Covid-19-reëls vir skole, diegene wat positief toets
Daar is Maandag ʼn spesiale kabinetvergadering gehou waartydens wysigings aan vlak 1 van die inperking goedgekeur is.