ʼn Australiese mynmagnaat beweer dat Facebook wetend voordeel trek uit ʼn siklus van onwettige advertensies.
Alles vir Donderdag 3 Februarie 2022
‘Die Byl’ se Lea en Ilse-Lee: Só kruip ons in die karakters in
In die regte lewe is hulle hegte vriendinne, maar in die nuwe seisoen van “Die Byl” is dit nié die geval nie. Lea Vivier en Ilse-Lee van Niekerk het meer oor hulle rolle in dié reeks vertel.
Rassie se Nic wen blaserprys
“Om vir hierdie toekenning in aanmerking te kom moet ’n skeidsregter nie net ’n hoë standaard op die veld handhaaf nie, maar ook ’n rolmodel wees.”
Nuwe gesig op ‘Groot Ontbyt’ sal sorg vir nóg lekkerder wakkerword
“Die kassie is iets wat deel is van my. Ek kan nie mooi teken of moeilike somme maak nie, maar ek is bekkig, kreatief en nuuskierig. Stories is my ding. Die jaar wat televisie in Suid-Afrika begin het, is ek ook gebore; ʼn mens kan dus maar eintlik sê die kassie het my gekies, nie andersom nie.”
Slaggatpad eis ook voorslagboer se lewe
Dit is vir ons verskriklik hartseer, aangesien ons die departement van openbare werke jare lank al vra om aandag aan die pad te gee en dan sterf daar iemand op die einste pad.”
Laaste van Leon Brits se moordenaars gevonnis
Enrich Williams (34) en Amantle Bareki (24) is Dinsdag skuldig bevind aan moord, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van vuurwapens.
Wenke vir ‘n Valentynsdag vir twee
Hier is ʼn paar lekker idees wat jy maklik en kostedoeltreffend kan uitvoer vir die perfekte dag saam met jou geliefde.
Max dalk in binnebaan vir nóg ’n toekenning
Die Red Bull-renjaer is saam met Novak Djokovic en Tom Brady vir die gesogte Laureus-toekenning benoem.
Koffiekenner sal Aus-atlete by Spele help
Australiese atlete by die Winter Spele het ʼn stimulant wat hopelik hul prestasie ʼn hupstoot tot goue medaljes sal gee.
Bedrogspul met goud kos SAID miljarde
In die bedrogspul het maatskappye onwettige goue munte, ou juwele en goudklonte van kleinskaalmyners in goudstawe vir uitvoer gesmelt.
Spotify se aandele tuimel
Die musiekstroomdiens Spotify se aandele het getuimel – maar nie as gevolg van Joe Rogan se kontroversiële gesprekke nie.
Hokaai met afdanking oor inenting
Verskeie kenners waarsku dat die KVBA se beslissings oor verpligte inenting later in die howe omgekeer kan word.
Faf weer gereed vir aksie
“Faf is soos ’n klein balletjie blonde energie op die oefenveld en hy is propvol woema.”
5 sterf toe motor, petroltenkwa bots
Die vyf oorledenes is vermoedelik almal familie van mekaar.
Helpende Hand verdiep met geestelike ontwikkeling
“Ons hand in Sy Hand” is geskoei op die beginsel dat “omgee” sonder geestelike begronding en verdieping nie ware omgee is nie.
Perde oor oorstroomde Oranjerivier gehelp
Van die perde het reeds op eilande gestaan wat onder water was, terwyl een perd oënskynlik vasgemaak was sonder die moontlikheid om te ontsnap.
Leon van Nierop se resensie: Living with Yourself
“Living with Yourself” is die soort reeks wat mens terloops raakkyk. Jy druk die afstandbeheerder en sê vir die mense om jou: “Ag, kom ons kyk waaroor dit gaan!” Dan kom jy op ʼn klomp episodes af wat jou van die begin af sal laat grinnik en uiteindelik sal laat lag.
Kusile wek amper geen krag op
Eskom krap kop oor ʼn probleem by eenheid een by die Kusile-kragsentrale, maar sal hopelik binnekort die ander eenhede by die stelsel voeg.
Hond treur saam oor vermoorde pensioenaris
Die voorval waartydens Felix Gay voor ʼn aftreeoord in Linden vermoor is, was die eerste in 30 jaar.
Tropiese storm tref naby Mauritius
Stormsterk wind van tot 151 kilometer per uur is Woensdag in die hoofstad Port Louis aangeteken.