“Wat ’n verleentheid vir Australiese krieket!” het Ricky Ponting gesê nadat Justin Langer so te sê gedwing is om in sy eie swaard te val.
Alles vir Maandag 7 Februarie 2022
Geen eis tot dusver ingedien ná veghond-voorval
Dupuo Kokolosi wag nog om ʼn operasie te ondergaan nadat sy deur haar werkgewer se drie honde verskeur is.
Gebruik van Chinese entstof in SA goedgekeur
Ook Pfizer se Comirnaty-entstof is op 25 Januarie ten volle geregistreer. Dit was vantevore net vir noodgebruik geregistreer.
Fotos: Gemeenskap gryp in toe skool oorstroom
Meer as 120 ton se modder is uit die skoolperseel weggery. “Dit is ʼn wonderwerk dat kinders Maandag soos normaal kon skool toe kom.”
Rowers loop hul vas toe hulle na toneel terugkeer
Die twee verdagtes het doodluiters verby die huis gestap terwyl polisiebeamptes nog buite besig was om die slagoffers se verklarings te neem.
Selfmoord ‘nie uitgesluit’ ná dood van egpaar in Namibië
Die woorde, “Moenie na ons slaapkamer toe kom nie. Bel die paramedikus”, was op ’n briefie by die ingang van Dean Olley, ʼn Suid-Afrikaner, en sy vrou, Luella, se huis geskryf.
Lewis deel kriptiese twiet oor toekoms
Lewis Hamilton het tot onlangs nog geen sprak gesprook sedert die dramatiese Abu Dhabi-wedren in Desember nie.
Kaapse hoërskool bring teater na tieners
“As tieners nie teater toe gaan nie, moet ons teater na tieners toe neem.”
Sepiegids: Onmin onder die Samsodiens in ‘Suidooster’
Danny en Louis worstel met ingewikkelde dilemmas in ‘Binnelanders’ en in ‘Arendsvlei’ beskuldig Denise vir Ezra wanneer Ruby seerkry.
Australië eersdaags weer oop vir toeriste
Net ʼn handjievol besoekers het sedert die aanvang van die pandemie vrystellings gekry om die land binne te kom.
Britte maak harte oop vir SA hond wat huis soek
“Dit is my passie om soveel mense as moontlik te help. Ek hoop nou ek kan een mens vind wat vir my en Dingo sal help.”
Evans sit rolbal-segetog voort
Jason Evans het die naweek sy posisie as Suid-Afrika se no. 1-manspeler bevestig tydens rolbal se SA Meesters-enkelspelkampioen.
Inenting nou ook verpligtend by NWU
’n Vier weke lange grasieperiode skop vandag vir studente aan die Noordwes-Universiteit af.
Musiekvideo: Ariose vier die maand van liefde
“Die liefde is so ’n opwindende reis en ek dink ons het dit mooi vasgevang in die liedjie wat amper soos ’n kinderlike sprokiesverhaal afspeel.”
Epilepsie: Stigma strem siekes steeds
Met Nasionale Epilepsieweek wat vanaf 8 Februarie in Suid-Afrika gevier word, val die kollig opnuut op een van die oudste en algemeenste neurologiese siektes wat mense van alle ouderdomme raak.
Leerder van spogskool buite nagklub vermoor
“Die skool en gemeenskap betreur die sinlose verlies van ʼn lewe.”
‘Dronk’ polisielid ry glo fietsryer dood
ʼn Motoris het Vrydag omstreeks 19:00 gesien hoe die polisielid roekeloos in ʼn polisievangwa op die R59 gery het in die rigting van Vanderbijlpark.
Verbruikersake: Jou regte met vastetermynkontrakte
Mense loop hulle dikwels vas in maatskappye wat weier om hierdie kontrakte te kanselleer en verbruikers weet dikwels nie wat hul regte is wanneer hulle ʼn vastetermynkontrak teken nie.
Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is die jongste positiwiteitskoers 8%.
Pretoria-vloede: Man se liggaam in voertuig gevind
Nooddienste het die naweek op verskeie noodsituasies gereageer ná voorvalle van oorstromings nadat swaar reën oor Pretoria uitgesak het.