Rio se verhaal het opnuut ʼn gesprek oor mikroskyfies in troeteldiere aangewakker.
Alles vir Woensdag 16 Februarie 2022
Nóg oproepe tot aksie ná staatsrede
Intussen het ʼn koor van ander landbou-organisasies se stemme opgegaan wat dieselfde sentiment steun en die president se voornemens verwelkom. Lees meer oor Agri Wes-Kaap, Vrystaat Landbou en Kwanalu se reaksies op die staatsrede hier:
Moord-intrige verdiep in hof
Ypis het ‘n oproep gekry van haar “buurvrou”, terwyl dié se liggaam reeds ‘n paar dae gelede langs ‘n pad gevind is.
Zuma se ‘vertragingstaktiek’ misluk
Die jongste uitspraak beteken alles is op koers sodat die lankverwagte verhoor van Zuma en Thales later vanjaar hervat kan word.
Video: So hittete! Man ontkom gewisse dood
Dramatiese beeldmateriaal van ʼn motorfietsryer wat ʼn gewisse dood vryspring toe ʼn trein hom byna tref, maak opslae op sosiale media.
Oscars spog met nuwe kategorie om kykers terug te wen
Die Oscars spog nou met ʼn nuwe kategorie waarin kykers vir hul gunsteling-rolprent van 2021 op Twitter kan stem.
#JongStemme: Verpligte inentings is teen almal se menseregte
As ek vroegtydig geweet het van die NWU se planne om hierdie ongrondwetlike inentingsbeleid te implementeer, sou ek nooit eers ingeskryf het nie.
Harvard-studente ruk op teen SA-prof
Die betrokke studente beweer onder meer dat Comaroff een van hulle sonder hul toestemming gesoen en betas het.
Dis hoe slaapkamers in 2022 lyk
Só lyk die jongste ontwerptendense vir slaapkamers in 2022.
Foto’s: Pta-hoërskool se lawwe tas-dag sorg vir hope pret
Skoolboeke is in alles van gereedskapkiste, popstootwaentjies, voëlhokke, mikrogolfoonde, winkeltrollies en selfs kitaarsakke oor die skoolterrein rondgekarwei.
Raaisel oor voëls wat uit lug val
’n Swart wolk van migrerende geelkopmerels het skielik op ’n woonbuurt neergesak. Talle het morsdood op die sypaadjie bly lê. Kyk hier na die video:
Kyk: Bobsleë, ski’s en skaatse by Winterspele
Oudergewoonte sorg die Olimpiese Winterspele vir hope aksie.
Resep: Vis-en-aartappelslaai
Sit hierdie veselryke slaai voor as middagete of op ʼn warm somersaand.
Priester doop dekades lank verkeerd
Duisende Rooms-Katolieke in die VSA sal dalk weer gedoop moet word.
Ma, kleuter wreed in huis vermoor
Die pa en sy seun het op die gru-toneel afgekom.
Kleur of skeer jou hare ten bate van Kansa
Kansa se jaarlikse Shavathon vind vanjaar op Saterdag 26 Februarie plaas.
Interdik teen seismiese opname bly
Die Australiese maatskappy Searcher Geodata het Maandag homself tot die hof gewend in ʼn poging om die interdik teen sy bedrywighede op die seebodem op te skort.
Skikking spaar prins Andrew vernedering
Die Britse koninklike sê nou hy het berou oor sy verbintenis met die Amerikaanse finansier Jeffrey Epstein.
RGB weier om Afrikaanse student te registreer
ʼn Sielkundestudent het nou met AfriForum se hulp met ’n regsgeding teen die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika begin.
Marko, Vettel tree vir Masi in die bresse
“As ’n mens na die groter prentjie kyk, het hy hom uitstekend van sy taak gekwyt.”