Ford het pas sy nuwe Ranger Raptor onthul.
Alles vir Woensdag 23 Februarie 2022
Boek: Skep herinneringe met dié kookboek
‘Kosbaar’ bevat meer as 100 eg Suid-Afrikaanse resepte.
Faf nog so gewild soos altyd
Faf du Plessis is deesdae ’n eindstrydveteraan nadat hy saam met die Comilla Victorians-span die Bangladesj Premierliga gewen het.
Koningin kanselleer afsprake oor Covid
Die staatshoof het glo ligte verkouesimptome.
DStv gaan stroming beperk
MultiChoice het aangekondig die verandering “is een van vele deurlopende maatreëls om die deel van wagwoorde en roofkykery teë te werk”.
Gedig: See-sonnet
“O magtige oseaan, jy wydgestrekte,
Omsirkel deur die ongemetenheid.”
Kaapse bus slaan ‘vanself’ aan die brand
Die brand het uitgebreek net nadat die passasiers en busbestuurder van die bus afgeklim het.
Seuns verdrink in rivier
Die seuns se maats het hul ouers eers later meegedeel dat hulle die twee in die rivier gelos het.
Maak ‘n skenking en betaal só minder belasting
Jy het dalk al gehoor van skenkings aan openbare weldaadsorganisasies, maar is jy bewus daarvan dat so ‘n skenking ook vir jou as skenker ‘n belastingvoordeel inhou?
Onderkry is min vir dié jong skiër
“’n Mens se mediese geskiedenis definieer nie wie jy vandag is nie – jy kan steeds voluit leef en jou doelwitte bereik.”
Henriette Armstrong se diep spore onthou
ʼn Vrouefederasie-roos en ʼn spekboom is by Armstrong se graf aangeplant.
Só groet die Malans
Net so is 13 episodes van die tweede seisoen van ‘Alles Malan’ iets van die verlede. Vir die hoofspelers was daar heelwat hoogtepunte en goeie herinneringe in die reeks.
Skuld van meer as R500 m in Tshwane ingevorder
Die veldtog duur voort en die metroraad het nou ook begin om die dienste van agterstallige rekeninghouers in woonbuurte af te sny.
Coetzee gaan vir eers op praktyk konsentreer
Coetzee het verlede week as onderskeidelik voorsitter en raadslid van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging bedank nadat ʼn herrie losgebars het oor haar opmerkings oor die toelatingsvereistes by mediese fakulteite.
Covid-19-statistieke: 2 300 nuwe gevalle
Meer as 31,1 miljoen dosisse van die entstof is sedert die uitbreking van die pandemie toegedien.
Formulemelk in SA herroep oor bakterie in produkte
Volgens die vervaardiger is slegs vier gevalle in die VSA aangemeld, maar die teenwoordigheid van cronobacter en salmonella in ʼn babamelkformule is nietemin rede tot kommer.
Oud SA’ner dryf oorsese projek vir SA wesies
“Dit is sleg om te sien hoe my tuisland deur die Covid-19-pandemie getref is. Daarom sal ons enigiets in ons vermoë doen om te help waar ons kan.”
Vier vas ná moord op Carolina-paartjie
Die polisie het op die slagoffers se liggame afgekom nadat bekommerde bure onraad vermoed het.
Gedagte vir die dag: Kan dit standhou?
Saul se ander dogter, Mikal, was verlief op Dawid, en toe dit aan Saul vertel is, was hy in sy skik daarmee. (1 Samuel 18:20)