Leiers van Oekraïne gaan Maandag met Russiese verteenwoordigers aan die grens van Belarus vergader vir die eerste gesprekke tussen die twee lande sedert die Russe die land ingeval het.
Alles vir Maandag 28 Februarie 2022
Regstreekse gesprek: Skolewet – “Pasop, neem aksie!”
Regstreekse gesprek: Beplande wysigings aan die Skolewet is twee weke gelede in die parlement voorgelê en bepaal onder meer dat die onderwysdepartement oor skole se taal‑ en toelatingsbeleid besluit. Elaine Krige gesels met Melanie Buys, Werner Human, Theuns Eloff en Desiree van der Walt hieroor. Volg die regstreekse uitsending Maandag 28 Februarie om 14:00.
Gʼn loonverhoging vir staatsamptenare – hof
Vakbonde het hul skok en teleurstelling te kenne gegee en sê die uitspraak bemoeilik salarisonderhandelinge in die toekoms.
Oorlog as die stigtingsmite van state
Indien Oekraïne hierdie oorlog oorleef en sy onafhanklikheid behou, sal die oorlog in die geskiedenis as die stigtingsmite ingaan.
Duisende ingesamel ná traumatiese hospitaalervaring
“Hierdie ouma-hart bars van dankbaarheid. Dis wonderlik om te sien en ervaar hoe God se mense bymekaarkom.”
Verbruikersake: As jou meubels beskadig word wanneer jy trek
Ina Opperman het gaan kyk wat sê die Ombudsman vir Verbruikersgoedere en -dienste oor hierdie soort skade.
Nieu-Seelandse grense weer oop vir Kiwi’s
Nieu-Seelanders wat in die buiteland woon, moes tot dusver ten duurste vir tien dae in ’n hotel isoleer indien hulle hul tuisland wou binnekom.
Die Medvedev-era begin vandag
Die nuwe wêreldno. 1-speler het ook vir vrede gepleit: “Kinders moet nooit ophou droom nie.”
Gesin vlug met hond en twee tasse
“Ek het met my familie kontak gemaak, gesê ons gaan vlug en gevra dat hulle vir ons bid. Daarna het ek ʼn bonatuurlike kalmte ervaar,” vertel ʼn Suid-Afrikaner oor die konflik in Oekraïne.
Vierde been vir ‘driepoot’-kameelperdjie gesoek
Geld word nou ingesamel om ʼn prostetiese been vir klein Drie Poot, ʼn Gautengse kameelperdjie met net drie bene, te laat maak.
Geen bakterieë in formulemelk – verskaffer
Die babaformulemelk Similac Alimentum is verlede week wêreldwyd herroep en daar was sprake dat bakterieë in die produk opgespoor is.
Begroting kán skuld aandurf – Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa sê die begroting skets ʼn duidelike pad na volhoubare vlakke van openbare skuld.
Lugmag kan nie instandhouding van Gripens bekostig
Terwyl Krygkor onderhandel vir ʼn vermindering van die koste verbonde aan die kontrak, staan die Gripens op die grond.
Chris Chameleon: ʼn Dorman in die huis
“Wat is dit, Lente?” vra ek, slegs effe belangstellend van agter my werkstafel. “Dorman! Daar’s ʼn dorman, pappa!”
Video: Krokodil gou gevang ná hy ontsnap
Die krokodil het die ruit van die voertuig gebreek om te ontsnap.
Hof hoor in April oor ramptoestand
Die ramptoestandwetgewing maak nie voorsiening dat ʼn ramp steeds geld omdat die regering nog moet bepaal of die gesondheidswetgewing voldoende is nie.
Warnie dalk Engeland-breier?
“Ek sou daarvan hou om Engeland se afrigter te wees. Trouens, ek glo dat ek my goed van my taak sal kwyt.”
Onthaal by Windsor-kasteel gekanselleer
Dié uitstel volg sowat ʼn week nadat dit bekend geword het dat die 95-jarige koningin positief vir Covid-19 getoets het.
Luister: Bid vir Noord-Korea
“Hulle weet dat hulle nooit alleen is nie wanneer hulle geloofsfamilie oor die hele wêreld saam met hulle bid.”
Gewilde Sandton-restaurant in vlamme gehul
Beeldmateriaal van die voorval wys hoe die dekoratiewe takke wat aan die dak van die restaurant hang, soos vuurbolle grond toe val.