Die omstrede broers word gesoek in verband met aanklagte van bedrog en geldwassery.
Alles vir Dinsdag 1 Maart 2022
Sportback of sportnuts?
Maroela Media het onlangs twee Audi Q5-modelle toetsbestuur – die Q5 40 TDI en die 45 TFSI Sportback.
Rygeleentheid laat jong man in hoësorg
ʼn Jong man het Saterdag in ʼn hospitaal se hoësorgeenheid beland nadat ʼn vermeende dronk bestuurder teen die motorfiets, waarop hy ʼn rygeleentheid gekry het, vasgery het.
‘Pa, hoe maak mens?’-video’s uiters gewild
Hoe skeer mens jou baard? Hoe knoop mens ‘n das? Hoe ruil ek ‘n band om? Hoe stryk ek ‘n knopieshemp? Hy het dié kanaal begin om lewenslesse oor te dra wat hy nooit by sy eie pa geleer het nie.
Weste moet ook blaam dra vir Oekraïne-krisis
Dit is baie jammer dat baie mense in die Weste, ook in Suid-Afrika, geneig is om al die skuld vir die onlangse verwikkelinge in Oekraïne op pres. Wladimir Poetin en Rusland te wil plaas.
Polsende hoop tussen vuurpyle in Oekraïne
Verbeel jou jy is ʼn prediker in ʼn kerk waar sulke vlugtelinge bymekaargekom het. Wat sê ʼn mens in so ʼn angsvolle situasie van disoriëntasie? Kan ʼn mens vir hulle enige woorde van vertroosting gee? Waar begin ʼn mens?
Borgtog vir Glencoe-boer ná maande agter tralies
“Dit was ses maande te lank,” sê Garth Simpson se regsverteenwoordiger.
Suidoosterfees: Só lyk 2022-program
Die fees gaan vanjaar oudergewoonte in Kaapstad voort, maar personeel, gehore en kunstenaars sal bewys van inenting moet kan lewer om dit by te woon.
68-jarige dood op kleinhoewe aangetref
ʼn 25-jarige man word nou in verband met Susan Kilmister se dood ondervra.
Nuwe programme vir RSG
‘Monitor’ is steeds weekoggende te hoor, hoewel ʼn uur korter.
Glo jy nog in wonderwerke?
Dit is “early days”, soos die Engelsman sal sê en enigiets kan nog gebeur. Ek verkies om te glo ʼn wonderwerk kan steeds plaasvind.
Aanbieder verwelkom eersteling op unieke datum
Janina Oberholzer en haar man, Ryno, het onlangs hul eersteling verwelkom. Vind uit wat die kleinding se naam is hier:
Kripto: Regulering, rowers en rekords
Kriptoregulering is voor die deur in Suid-Afrika en kenners meen dit kan nie gou genoeg gebeur nie.
Albert Fritz afgedank
Die premier sê hy is woedend oor wat lyk na bevestigbare voorvalle van ernstige seksuele wangedrag deur Fritz, onder omstandighede wat opsigself onvanpas was.
Russiese sport kry die wind van voor
Wêreld-taekwondo het ook gesê dat pres. Wladimir Poetin se ere-swartgordel teruggetrek sal word.
Resep: Rooibos-en muesli-beskuit
Rooibostee maak hierdie beskuit ég Suid-Afrikaans!
Pa skiet kinders, toe homself in kerk
Die skietery in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië het ook die lewe van ’n vyfde persoon geëis.
Jong boere lei Kalahari Reds in bloeitydperk
“Suid-Afrikaanse boere het van die beste kleinveegenetika ter wêreld, veral bokke. Gegewe die pryse wat ons kry, is daar ʼn sterk aanvraag van regoor die wêreld.”
Russe sluit lugruim vir 36 lande
Die wêreld word al hoe kleiner vir Rusland, terwyl selfs Russiese kultuurgroepe in ander lande nou die rug gekeer word.
Pa beken skuld op dogter se verkragting
Die man het sy dogter vir minstens vyf jaar seksueel aangerand en boonop gedeeltes uit die Bybel gebruik om die gru-dade te regverdig.