Hierdie week gee Wiele2Wiele terugvoer oor Jeanette se eerste motorrenbyeenkoms in 24 jaar, hulle vertel jou meer van Opel se nuwe Zafira Life-bussie en die tegnologie in die Mercedes-Benz C-klas.
Alles vir Woensdag 9 Maart 2022
Mans in hof ná moord op Carolina-paar
Leonore Steenkamp en Renier Lense is verlede maand dood in hul huis in Voortrekkerstraat gevind.
Nuweling-dramaturge maak debuut by Kaapse fees
Vyf dramas deur jong skrywers wat aan die NATi Jong Sterre-projek deelgeneem het, debuteer by vanjaar se Suidoosterfees.
Sakeman en sy gesin uitgemoor
Bure het glo omtrent 19:30 geweerskote vanuit die slagoffer se huis gehoor en kort daarna twee mans oor die eiendom se muur sien spring.
CrossFit-ope: Dit het omtrent burpees gereën
Die gevreesde opstoot-hurk-en-spring-in-die-lug-oefening kan selfs die fiksste atlete slapelose nagte besorg.
Fase ses ‘en meer’ dalk ons voorland – Eskom
Altesame 20 oopsiklus-gasturbines moes Dinsdagaand in ’n stadium weer hardloop. Dit kos sowat R700 000 per eenheid per uur.
Pfizer deel entstofinligting ná hofgeding
Dokumente dui aan dat meer as 1 000 newe-effekte vir Pfizer se Covid-19-entstof aangemeld is. Sahpra is egter steeds oortuig die entstof is veilig om te gebruik.
Patel wil loteryraad pos
Volgens die minister het die kommissie se raad versuim om “behoorlike administrasie en goeie bestuur” te verseker.
Myn sluit ook werkers uit wat loonaanbod aanvaar
Solidariteit gaan hom tot die hof wend nadat die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater glo vandeesweek ʼn uitsluitingskennisgewing aan sy lede uitgereik het.
11-jarige reis 1 200 km alleen na Oekraïense grens
Hassan se ma kon hom nie vergesel nie en hy het alleen die reis meegemaak met slegs ʼn plastieksak, ʼn klein rugsak, ʼn paspoort en sy familie se telefoonnommer op sy hand neergeskryf.
Video: Weet bring kennis op punte van kinders se vingers
Dit was die vinnigste vingers eerste in ʼn naelbytstryd van ʼn vasvrakompetisie waarin vier Pretoriase laerskole mekaar uitgedaag het om te kyk wie kan algemene kennisvrae die blitsigste beantwoord.
Baba stoei met kanker
“Dit het gevoel of iemand my hart uitruk en op hom spring. Jy wil nie hoor dat jou ses maande oue baba kanker het nie.”
Reën oor groot dele van die land verwag
Volgens die weerdiens hou die jongste reën- en donderbuie nie direk verband met die tropiese storm Gombe nie.
Boekresensie: Die net is gebreek
Hierdie boek is geskryf vir mense wat nie net as gevolg van die pandemie nie, maar ook weens ander uitdagings en probleme wat oor hulle pad gekom het, weer moet opstaan en aangaan.
VSA verbied Russiese olie-invoere
Pres. Joe Biden sê die Amerikaanse olie-embargo op Rusland sal die “hoofslagaar” van Moskou se ekonomie afsny en het onderneem dat Oekraïne “nooit ʼn oorwinning” vir die Russiese leier Wladimir Poetin sal wees nie.
Kyk: Duhan met rooi kaart van veld gestuur
Duhan van der Merwe se skorsing beteken dat hy die res van Skotland se Sesnasies-veldtog sal misloop.
Hartroerende video van Oekraïense meisie wat viool speel
ʼn Hartroerende video wys hoe ʼn Oekraïense meisie vir vlugtelinge in ʼn bomskuiling viool speel.
Boek: ‘Terreur en bevryding’ – Leopoldt Scholtz
Scholtz plaas die kollig op die dodelike kombinasie van erge interne onverdraagsaamheid en onbekwaamheid binne die ANC/SAKP in ballingskap, die korrupsie deur ʼn deel van die leierskorps en die ernstige menseregtevergrype in die ANC se buitelandse kamp.
Gedig: Die beiteltjie
“ʼn beitel moet kan klip breek
as hy ʼn beitel is.”
Hond lei polisie na vermiste kinders
Die oudste sussie is bewusteloos in die veld aangetref, met haar slapende vyfjarige sussie bo-op haar.