Die staat het daarop gewys dat die oudminister vroeër ook aan bedrog skuldig bevind is.
Alles vir Donderdag 10 Maart 2022
Nóg ’n toernooi-terugslag vir Novak
Novak Djokovic se inentingstatus beteken dat hy nie in die Indian Wells-toernooi óf by die Miami-ope sal kan afslaan nie.
Toets jou kennis in dié Afrikaanse geskiedenisolimpiade
Daar is kontantpryse vir die wenners op die spel.
Matrieks verruil yskoue vir warm eiland
“Dis nou nie vir ’n wittebrood nie, maar ons het die reisplan propvol aktiwiteite gestop. Dit was boonop een van die leerders se eerste keer op ’n vliegtuig.”
Reeksverkragter swaar gestraf
Tiyani Khosa het by die wonings van jong vroue of enkelouers met jong kinders ingebreek met die doel om van sy slagoffers meer as een keer te verkrag.
Resep: Mielie-en-kaas-driehoekies
Maak hierdie heerlike versnapering vir jou volgende koek-en-tee-kuier.
Tien keer meer psigiatriese pasiënte by Helen Joseph-hospitaal
Die hospitaal bars tot so ʼn mate uit sy nate dat ʼn tydelike struktuur opgerig moes word om voorsiening te maak vir die toestroming van pasiënte.
Eerste ontvanger van ʼn varkhart sterf
David Bennett kon ná die oorplanting tyd saam met sy familie deurbring en wou selfs ontslaan word. Voor die operasie was hy bedlêend en aan ʼn noodlewensondersteuningsmasjien gekoppel.
Covid-19-statistieke: Nog 1 867 toets positief
Die meeste nuwe gevalle is weer in Gauteng (37%) aangemeld.
Fourie dalk dronk op moordtoneel, hoor hof
Hy het ook ontken dat hy enigiets weet van bloed wat volgens Mashinini duidelik voor die polisie se koms afgewas is.
Man voor sy onderneming gegryp
Die Wes-Kaapse eenheid vir georganiseerde misdaad is nog besig om die omstandighede omtrent die man se ontvoering uit te pluis.
Gedagte vir die dag: Tydelike wins
Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uit gestrek lê, ons oë vasgenael op Jesus, die Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop. (Hebreërs 12:1-2)