“Hierdie fees hou die Afrikaanse rolprentbedryf in verskeie opsigte lewendig.”
Alles vir Vrydag 25 Maart 2022
SA’ners voel onveiliger as verlede jaar
“Hierdie statistieke wys die neiging van groeiende misdaad in ons land, en beklemtoon Suid-Afrikaners se behoefte om bykomende veiligheidsmaatreëls te tref om hulself en hul eiendom te beskerm.”
Pieter en Marco wen vyfde Epic-skof!
Die Suid-Afrikaanse vlag het vandag trots in die Kaap gewapper toe ’n Suid-Afrikaanse span die vyfde skof van die Absa Cape Epic gewen het.
Polisie soek na dié ‘gevaarlike’ man
Die gespierde en sjarmante Jacques Arthur Malot is glo daarvoor berug dat hy vroue teiken.
Kyk: Sangduo Reën wil positiwiteit met nuwe album saai
Die duo se splinternuwe album Weer is nou op alle groot stromingsdienste beskikbaar en bevat ʼn treffer met ʼn gewilde Afrikaanse sanger.
Resep-video: Ontbytbroodjies
Hierdie ontbytbroodjies is die perfekte dis om te bedien wanneer ’n klomp monde gevoer moet word.
Wolff sê Hamilton, Russell is beste
Volgens Toto Wolff is die twee talentvolste renjaers in sy Mercedes-kraal, terwyl die verdedigende wêreldkampioen darem ook onder sy topdrie bestuurders tel.
Russe gebruik glo fosforbomme teen burgerlikes
Die Oekraïense president sê daar is ’n “werklike” bedreiging dat Rusland chemiese wapens sal gebruik.
Hoër rentekoers gaan jou geld begin vreet
Daar is al hoe meer aanduidings dat ʼn rentekoersverhoging van 50 basispunte kort voor lank ʼn moontlikheid gaan wees.
Clover-moord was ‘wreed’, hoor hof
Die groep stakende werkers het glo probeer om ʼn veiligheidsbakkie op Terence Tegg om te rol nadat hulle hom met klippe gegooi het.
Man wou 2 000 km roei vir liefde
“Die man het nie enige kaart, kompas, GPS of ander klere by hom gehad nie; slegs ʼn beperkte hoeveelheid vars water.”
‘Niks lekkerder as om by elke klas te wees’
Riaan Hofmeyr mag dalk nie wêreldwyd of selfs landwyd buite CrossFit-kringe bekend wees nie, maar vir plaaslike CrossFitters is hy ongetwyfeld ’n legende wat ’n groot verskil in hul lewens en gesondheid maak.
Wil jy graag ʼn trust vestig? Dís wat jy moet weet
Die meeste mense weet dat daar goed soos trusts bestaan, maar breër inligting daaroor is so skaars soos die spreekwoordelike hoendertande. Hier is alles wat jy moet weet.
Vinnig spring om rybewys te hernu
Die hernuwingsagterstand wat weens die Covid-19-grasietydperk veroorsaak is, sal na verwagting teen September vanjaar weggewerk wees.
Mening: Ondanks al die ontwrigtings gaan dit goed met ons sport
So tussen die gepolitiekery en geknoei wat krieket al baie maande (jare?) teister, die voortdurende verlies aan rugbyspelers wat oorsee hul inkomste gaan aanvul en die Covid-pandemie wat op sportgebied steeds sy tol eis, gaan dit goed met ons voorste sportspanne.
Drie deur weerlig gedood
“Die gure weerstoestande wat dele van die provinsie Woensdag ervaar het, het daartoe gelei dat bome ontwortel is en infrastruktuur beskadig is.”
Kaapse advokaat slaan Amerikaanse toekenning los
Die sindikaat het glo veral kwesbare weduwees of geskeide vroue geteiken, wat geglo het hulle is in ʼn werklike romantiese verhouding, maar uiteindelik uit hul geld geswendel is.
André Pienaar tronk toe gestuur
André Pienaar is Donderdag in die streekhof in Bethlehem tot tronkstraf gevonnis in verband met die oproer by die Senekal-landdroshof in Oktober 2020.
Eben Etzebeth steek ring aan aktrise se vinger
“Jy het my die gelukkigste mens op die planeet gemaak.”
Covid-19-statistieke: Aktiewe gevalle daal steeds
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is die jongste positiwiteitskoers 6,6%.