Dertien familielede het ná ’n begrafnis by ’n huis in KwaZulu-Natal byeengekom, waar hulle later glo deur ses verdagtes aangehou is.
Alles vir Vrydag 1 April 2022
Nuusleser Elsa gereed vir nuwe uitdagings
“As ek dit moet opsom, sal ek die woord ‘voorreg’ gebruik: Om vir soveel oggende so vroeg op te staan, al daardie dinge te kon beleef en mense ingelig te hou.”
ANC-LP’s beskerm ‘plunderaars, verwoesters’
Woensdag het ANC-LP’s weer luidkeels uitgeroep dat hulle volle vertroue in die kabinet het, nes hulle telkens tevore tydens mosies teen oudpres. Jacob Zuma in die parlement gedoen het.
Stelsels by binnelandse sake landwyd af
Aanlyn stelsels stort dikwels verskeie kere per dag ineen terwyl lede van die publiek met die gebakte pere moet sit.
Vra vir Ed: Is ʼn handgeskrewe testament geldig?
Is jy onseker of handgeskrewe testamente geldig is? Ed het kundige advies.
Agrizzi-saak na hoër hof
Die staat het intussen die dienste van ʼn onafhanklike pulmonoloog bekom, wat Angelo Agrizzi sal assesseer en ʼn verslag oor sy gesondheid indien.
Bedrogsaak teen oudminister vir maande vertraag
Hoewel die staat reeds in Januarie gereed was om met die verhoor teen die voormalige minister van staatsveiligheid voort te gaan, het van die beskuldigdes nou van regsverteenwoordigers verander.
Hoërskool Bastion: ʼn Plattelandse skool in die stad
Word deel van die Bastion-familie, ʼn Afrikaanse waardegedrewe plaasskool.
OBK vies oor aanstelling van wit man as Absa-hoof
Die OBK sê hy het verwag dat die Absa-raad die vereiste fokus op transformasie sou plaas in die proses om ʼn nuwe hoof aan te stel.
Luister: Namibië se Sanet Lambrechts tref met popsnit
“Soms voel ʼn mens eensaam tussen ʼn klomp mense omdat hulle jou nie waarlik ken nie, en ander kere staan jy verstom oor wat jy in iemand anders raaksien sonder dat hulle iets sê.”
Waterberging help gesondheidsorg, voedselsekuriteit
Dié watertenks werk soos ʼn spaarrekening waar jy water kan stoor vir krisistye.
Verdienstelike burgerskap of onverdiende regte
Die probleem is dat die idee van “verdienstelike burgerskap” toe nie net afgeskaf is nie, maar vervang is met onverdiende “regte” op bykans alles vir almal.
Resep-video: Biltong-roosterkoek
Nie net is dit vinnig en maklik nie, maar jy kan ook so ʼn bietjie aan die vulsel verander of dit selfs weglaat.
Bathabile Dlamini met R200 000 beboet vir meineed
“Indien sy versuim om die boete te betaal, sal daar onaangename gevolge wees,” het landdros Betty Khumalo Vrydag gesê.
Julie-oproer was poging tot ‘rebellie’ – Ramaphosa
Die president getuig Vrydag by ʼn verhoor van die Menseregtekommissie (MRK) oor die dodelike oproer wat skade van miljarde rande aan die ekonomie aangerig en talle lewens geëis het.
Grasietydperk vir rybewyse weer verleng
Volgens Fikile Mbalula is sowat 1,4 miljoen uit 2,8 miljoen rybewyse wat verval het, nog nie hernu nie. Teen Augustus het dié getal op 1,2 miljoen gestaan.
Kyk: Oekraïne baklei terug
In die eerste aanval op Russiese bodem sedert die aanvang van die oorlog, het Oekraïne ʼn brandstofbergingsfasiliteit geteiken.
Foto’s: ʼn Dorpie in Colorado kan joune wees
Slegs ʼn uur se ry van Telluride-ski-oord, een van die beste wintervakansiebestemmings in Colorado, VSA, lê die klein skilderagtige dorpie Colona. Dié dorp is op soek na ʼn nuwe eienaar.
Chris Rock, akademie reageer ná Oscars-klap
Hy het ook bewerings dat hy en Smith ná afloop van die toekenningsgeleentheid die lug gesuiwer het, ontken.
Nuwe polisiehoof moet ‘uit politiek bly’
Verskeie organisasies het hulle verbind tot samewerking met die nuwe polisiehoof om die land se misdaadprobleem te pak, al meen sommiges daar was beter kandidate.