Video’s van ʼn laggende man wat dit gate uit geniet terwyl hy in die reën agter ʼn brandstofvragmotor in ʼn winkeltrollie aangesleep word, het internetgebruikers aan die gons.
Alles vir Maandag 4 April 2022
Dwelmvervaardiger in Gauteng blootgelê
“Die gebied is die afgelope paar jaar ʼn brandpunt vir verskeie geheime dwelmlaboratoriums wat op kleinhoewes en residensiële persele bedryf word.”
Skiettragedie by berugte uitkykpunt
ʼn Verbyganger het die bejaarde paartjie op ’n bankie by die Voëlklip-uitkykpunt aangetref.
100-jarige parkwagter tree af
“Ek is dankbaar vir haar lewenslange toewyding om haar storie te deel en wens haar alles van die beste toe in haar aftrede.”
Nuuskommentaar: Groeiende federalisme in WK onder Kaapse Forum
Die stigting van die Kaapse Forum is absoluut ʼn voortvloeisel van die sterk burgerlike kragdadigheid, betrokkenheid en vooruitstrewendheid wat al meer die Suid-Afrikaanse politiek definieer.
Foto’s: Bekendes skitter in blinkers, treffende kleure by Grammys
Musiek se gesogste geleentheid het Sondag in Las Vegas, Nevada, plaasgevind en die aand het vir onvergeetlike modeoomblikke gesorg.
Woord: drop
Taaltoffie ondersoek die herkoms en betekenis van die woord “drop”.
Keshav en Simon: Proteas se doring draaiers!
Keshav Maharaj en Simon Harmer het saamgespan om Bangladesj vir slegs 53 lopies uit te knikker.
‘Plaaskind’ sterf ná motorfietsongeluk
“Op die plaas het hy van al sy sorge vergeet. Dit was sy happy place.”
‘7de Laan’ vier 22ste verjaarsdag
Die geklingel van sjampanjeglase en koekvurkies weerklink deur die strate van Hillside.
Boer met sappigste lamsvleis aangewys
Skaapboere van reg oor Suid-Afrika het elk ‘n lam ingeskryf om aan die Lamb Champs-kompetisie deel te neem, wat deur Saai en Buffelsfontein Brandewyn aangebied is.
Gyselaarsdrama ontvou by supermark in KZN
Dit is nie in dié stadium duidelik of die rowers steeds op die perseel wegkruip of reeds weggekom het nie.
Brandstofprys gaan styg, maar ‘darem’ minder
Die verlaging in die brandstofheffing en ʼn sterker rand kan Suid-Afrikaners vandeesweek by vulstasies bietjie van ʼn blaaskans gee – maar verbruikers gaan nietemin les opsê.
Boek: Idiome-inkleurboek leer kinders van plaasdiere
Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 Afrikaanse idiome en gesegdes, elk met interessante feite oor plaasdiere.
Voormalige Walliese speler loof Libbok se spel
“Sy spoed en versnelling beteken dat hy net ’n klein gaping nodig het om verdedigers te flous.”
Mosambieker wat wou stroop, tronk toe
Met die hulp van ’n spoorsnyhond het die veldwagters na die moontlike indringers begin soek en Rich Ricardo Chauke en sy twee makkers in ’n digte bos gewaar.
Russiese soldate glo gemartel
Dit word ook nou beweer dat die verkoolde liggame van die gemartelde soldate later in dieselfde gebied aangetref is as waar die beweerde marteling plaasgevind het.
Parlement erken probleme met polisie in KZN
Sommige polisiestasies wag glo tot 81 dae vir polisievoertuie om herstel te word. Dít terwyl daar reeds ʼn ernstige tekort aan kapasiteit en hulpbronne is.
Al die wenners van 2022 se Grammy-toekennings
Popmusiek kraai toe nie oral koning by die musiekbedryf se grootste toekenningsgeleentheid nie.
SA taksman samel meer as R1,5 biljoen in
Die inkomstediens het terselfdertyd die hoogste belastingterugbetaling gedoen sedert dit 25 jaar gelede op die been gebring is.