Natuurlik beteken medemenslikheid en omgee nie dat onderwysers ʼn laat-maar-loop-houding inneem, en laksheid en onverantwoordelikheid oorsien nie. Juis omdat hulle omgee, wil onderwysers leerders ondersteun om die mens te word wat hulle kan en behoort te wees.
Alles vir Dinsdag 12 April 2022
Luister: Skop jou feesskoene uit by die Pretoria Buitelug Ekspo en Fees
Benewens ʼn ongelooflike buitelug-uitstalling, smullekker kos, stalletjies en vermaak vir die hele gesin, spog die fees ook met meer as 100 000 vetplante en 40 000 proteas.
Video van goue skilpadkewer verstom kykers
ʼn Video van goue skilpadkewers is binne een dag reeds meer as 1 miljoen keer op Twitter gekyk.
Derde party het glo hand in Jan Viljoen-konflik
Die party het glo vooraf daartoe bygedra om leerders by die skool te beïnvloed en om wrywing en chaos te veroorsaak.
20 al dood in KZN-vloede
“Dit is ʼn absolute nagmerrie.”
MRK wil Hofmeyr vasvat oor omstrede twiet
Die kommissie sê die opmerking kan vernederend wees vir lede van ʼn kwesbare gemeenskap en het in ʼn brief aan die sanger bepaalde eise aan hom gestel.
Eskom sê oor beurtkrag dié winter
Eskom sê nat steenkool is nou nie meer die probleem nie.
Borgtog vir vyf wat Fochville-ma glo moor
Vier van die vyf verdagtes is op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.
Quinny se kolf flits steeds
Die talentvolle paaltjiewagter spog tans met die naasmeeste lopies in die IPL-toernooi.
Kleuterskole meer as net ‘oppassentrums’
Sentrums vir vroeë kinderontwikkeling moet fokus op die optimale ontwikkeling van ʼn holistiese kind, terwyl algehele welstand ʼn deurslaggewende rol in vroeë leer en ontwikkeling speel.
Beer sterf ná verskuiwing uit Oekraïne
“Vir ’n paar oomblikke het dié kinders en hul gesinne die gruwels van oorlog vergeet omdat jy hulle laat glimlag het.”
Britney Spears verwag pienkvoet
“Uhhhhh wel … ek gaan ’n baba hê,” lui ’n inskrywing wat die 40-jarige popsanger op haar Instagram-blad geplaas het.
Elgar tevrede met Proteas se toetsvordering
“Dinge wat langs die veld gebeur, het sake beslis bemoeilik, maar ek het ’n ongelooflike groep spelers langs my wat my verstaan – nie net my karakter nie, maar ook die soort krieket wat ek wil speel.”
Klimaatsverandering rede vir swaar reën in Afrika – studie
“Eindelik dra juis diegene wat die minste tot klimaatsverandering bydra weereens die grootste las daarvan.”
Monument verewig Piet en Dirk Uys met beeld
“Die geskiedenis herleef met die nasate van helde. Dit is nie net ’n sprokie nie, maar het regtig gebeur.”
Luister: SA bevoorreg om Paasfees vry te vier
Kente hoop dat almal hierdie Paasfees daaraan herinner sal word dat ons lewe in oorvloed het omdat ons vir Jesus, die Lewe, ken.
Ongeloof oor nóg ʼn beplande seismiese opname
Die jongste beplande seismiese opname sal na verwagting van Alexanderbaai tot Hondeklipbaai strek.
Klipgooiery op N2 oor behuising
ʼn Motor is by die Botrivier-spoorwegoorgang aan die brand gesteek en sementblokke is in die pad gepak.
Beurtkrag: Verligting van korte duur
Eenheid 5 by die Medupi-kragstasie is eindelik weer in diens gestel, maar nóg drie eenhede by ’n ander kragstasie het intussen uitgeskop.
Uitdrukking: ʼn Enakskind
Wanneer sou daar na ʼn persoon as ʼn “enakskind” verwys kon word? Taaltoffie stel ondersoek in.