“Ek het nog altyd gedink hy is ’n Arsenal-ondersteuner,” het die verdedigende wêreldkampioen geskerts.
Alles vir Vrydag 22 April 2022
Sesjarige sterf op pad skool toe
Paramedici het 19 mense op die toneel behandel.
Die suksesverhaal van Capital Legacy
Capital Legacy bly groei en stel nagenoeg 35 nuwe werknemers per maand aan. Die maatskappy voorsien dat teen dié tempo die aantal mense in sy diens teen die einde van 2022 tot meer as 1 300 sal toeneem.
Akademia vier tien jaar met grootste groep graduandi
“Dit is vanjaar ons tiende jaar van pionierswerk en dit is met dankbaarheid dat ons die groei van die afgelope dekade kan ervaar.”
Boek: ‘Die Anglo-Boereoorlog in kleur’ – Tinus le Roux
Tonele en rolspelers uit die Anglo-Boereoorlog kry nuwe lewe in hierdie unieke versameling foto’s wat lewensgetrou ingekleur is.
Twee vlieëniers wil in die lug vliegtuie ruil
Dié waaghalsige toertjie, die eerste van sy soort in die wêreld, word vir 24 April beplan.
Musiekvideo: Len Muller tref met nostalgiese enkelsnit
“Ek dink mense gaan daarvan hou omdat die musiek jou laat droom en die boodskap agter die lied vir enigiemand iets kan beteken.”
Woord: aweregs
Taaltoffie ondersoek die woord “aweregs”.
Verdagte in Soweto-skietery deur polisie gedood
ʼn Skietery het Maandag by ʼn optog oor kabeldiefstal uitgebreek.
Meneer die President, dis tyd om die ligte aan te sit
“Meneer die President, ons is kwaad. Suid-Afrika is kwaad.”
Staat reg om Senzo se moordenaars te verhoor
Regter Tshifhiwa Maumela het met die verdagtes se vorige verskyning dit duidelik gestel dat dit die laaste keer is dat hy aansoeke om uitstel in dié saak sal oorweeg.
Markram vat vlam in IPL
Ná ’n gesukkel in die toetsarena slaan Aiden Markram sy lopies teen ’n gemiddeld van 190 in die Indiese Premierliga.
Luister: Anina Peens oor uitdagings van verslaggewing in Oekraïne
Haar besoek skets ʼn interessante prentjie oor hoe min ʼn mens werklik van ʼn oorlog weet tensy jy persoonlik op die voorste linies is.
Ramaphosa gesels met Zelenski
Pres. Cyril Ramaphosa se oproep met die president van Oekraïne kom meer as ʼn maand nadat hy met die Russiese president, Wladimir Poetin, vergader het.
Waar is bewyse dat drank siektes help aandra?
Die nasionale drankhandelaarsraad sê hy wag twee jaar later steeds op bewyse van die regering wat die kousale verband tussen drankverkope en die verspreiding van Covid-19 staaf.
Bruid in sop oor dagga in troukos
Die gaste het gekla dat hul harte vinnig klop en dat hulle drogbeelde gesien het nadat hulle ʼn Caesar-slaai, pasta en brood geëet het.
Renosterstropers kry wind van voor
Afgesien van vier vermeende renosterstropers wat in hegtenis geneem is, is twee stropers ook swaar gestraf in die Skukuza-streekhof.
Amptelike verdagte geïdentifiseer in Madeleine McCann-saak
Die verdagte dien tans tronkstraf vir dwelmhandel in Duitsland uit.
Man skiet kind ten aanskoue van ouers
Die man het ook vyf ander persone probeer skiet.
Blonde haarlokke vir kankerpasiënte
’n Seldsame soort kanker is verlede jaar by Sandi Pitchers Keel (58) gediagnoseer nadat sy in die hospitaal opgeneem is ná ’n motorfietsongeluk.