Meer as die helfte van die land se nuwe virusgevalle is in Gauteng aangemeld.
Alles vir Dinsdag 26 April 2022
Elon Musk se Twitter-deur nou wawyd oop
Dié nuus volg sowat twee weke nadat die miljardêr ʼn bod gemaak het om Twitter oor te koop sodat hy alleen in besit van dié sosialemediaplatform kan wees.
Erge griepseisoen verwag
Menige Suid-Afrikaner sal waarskynlik hierdie winter deur griep platgetrek word.
Derduisende mediese poste vakant
In Noordwes is ʼn kwart van poste vir verpleegsters nie gevul nie en in die Noord-Kaap is amper die helfte van poste vir spesialis mediese personeel tans vakant.
Jong mans in hof oor Levubu-plaasmoord
Verskeie boere het Maandag die hofverskyning van Louis en Ina Cloete se vermeende moordenaars bygewoon.
Kenners sê oor ‘vyfde vlaag’
Dokters meen die onlangse toename in gevalle kan toegeskryf word aan ʼn subvariant van Omikron wat tans die rondte doen.
3 skuldig aan moord op boer van Limpopo
Alwyn en René van Zyl is twee jaar gelede op hul plaas Bad se loop naby Mookgophong (Naboomspruit) oorrompel en vasgebind. Alwyn is tydens die aanval verwurg.
Gedagte vir die dag: Passie is ’n lewe van oorgawe!
Aan Hom wat deur sy krag in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus. (Efesiërs 3:20-21)