Die Bybel sê: “bemoedig mekaar met hierdie woorde”.
Lees meerAlles vir Woensdag 27 April 2022
Internet-onderbrekings in Frankryk ná ‘kabel-aanvalle’
“Verskeie kwaadwillige dade het kabels geteiken en tot onderbrekings of stadige verbindings gelei.”
VSA en Rusland ruil gevangenes
Moskou het ʼn VSA-seesoldaat vir ʼn Russiese vlieënier in ʼn tronk in die VSA uitgeruil.
Teken, my terapie
Yolande vertel dat haar kuns haar as’t ware ‘gered’ het uit ʼn donker en baie onseker plek. “Ek het daarin ʼn ontvlugting uit my eie klein wêreldjie gevind en elke dag, met elke prentjie, gesonder geword.”
Jagluiperdwelpies ʼn ‘eerste’ vir Kaapse reservaat
Die koms van die welpies is verblydend en bevestig dat Buffelsdrift se bewaringspogings en -doelwitte – om vrylopende jagluiperds te help beskerm – vrugte begin afwerp.
Toer die wynlande op Franschhoek se trem
Franschhoek se skilderagtige vallei is ʼn bestemming wat elke Suid-Afrikaner eenvoudig vir sy skoonheid móét besoek. Voeg daarby ʼn ouwêreldse wyntrem wat jou met ʼn vrolike fluit van die een historiese wynplaas na die ander karwei, en jy het ʼn onverbeterlike ervaring wat op jou wag.
Kirkwood-onrus: Boere én gemeenskap ly onder geweldpleging
“Geweldplegers besef klaarblyklik nie hulle vernietig die ondernemings waarvan hulle en hul gesinne afhanklik is vir ’n toekomstige inkomste nie.”
Brandstofvlakke is stabiel by OR Tambo, sê Acsa
Dit volg ná bewerings van ontwrigtings in die vervoer van vliegtuigbrandstof toe spoorweginfrastruktuur tydens die oorstromings in KwaZulu-Natal beskadig is.
Luister: SA gruwelfliek maak opslae
“Daar is veral ʼn baie sterk boodskap daarin oor wat die mensdom besig is om aan die natuur te doen.”
Renosterstropery is buite beheer, sê DA
Amptelike syfers het onthul dat 61 renosters tussen 1 Januarie en 25 Maart vanjaar van Ezemvelo-parke gestroop is. Nie-amptelik is dié syfer eintlik nader aan 80.
11 skok dood tydens prosessie in Indië
Minstens 11 mense, insluitend drie minderjariges, is Woensdag dood toe ʼn tempel-prosessie in kontak gekom het met ʼn hoogspanningsdraad in Indië.
Suidoosterfees in Kaapstad aangebied
“Ons moedig plaaslike inwoners en ook besoekers aan ons mooi stad aan om die Suidoosterfees te ondersteun.”
Tuinroete-brandbestryder op pad na Wêreldspele
Sterkte, Emile Conrad! Hy is deel van ʼn span van 20 brandbestryders, 18 van die Wes-Kaap en twee van die Oos-Kaap wat aan die Wêreld-brandbestryderspele sal deelneem.
Denemarke se Covid-19-inentingsveldtog opgeskort
Sowat 81% van Denemarke se 5,8 miljoen inwoners het reeds twee dosisse van die entstof ontvang en 61,6% het ook ʼn skraagdosis ontvang.
Swaarder strawwe gevra vir dié wat nie kinders vasgordel
Die navorsing het bevind talle bestuurders dra self veiligheidsgordels – terwyl kinders in die voertuig glad nie vasgegordel word nie.
KZN-vloede: ‘Selfverryking sal nie geduld word nie’
“Dit is ʼn skande dat die brandpunt in die openbare debat gefokus het op vrese dat die hulpbronne vermors of verkeerd aangewend sal word. Dit wys ons hoe keelvol die mense van Suid-Afrika is vir korrupsie.”
Gedig: Repos ailleurs (Die rus is elders)
“Naas die eensame tent staan ’n meisie klein, in stomme bewond’ring van die ligtende trein.”
Kiwi’s se Covid-19-grensreëls was onwettig, sê hof
ʼn Hof het Woensdag bevind dat Nieu-Seeland se regering onwettig opgetree het toe hy Covid-19-grensreëls toegepas het.
Borgtog vir admin-klerk
Heleen Cornelia Kapp (49) het Dinsdag in die Fouriesburg-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog, diefstal en geldwassery.
Lewenslank ná 12-jarige se verkragting
Die meisie was ʼn graad 6-leerder en was op pad huis toe ná sy saam met haar maats gespeel het.