‘Glam Guru’ se Lizel van der Westhuizen het pas ʼn nuwe plusgrootte-klerereeks bekendgestel.
Alles vir Donderdag 5 Mei 2022
Vyfde vlaag gedryf deur twee subvariante
“Dit is te gou om te weet of hierdie nuwe subvariante erger simptome as ander Omikron-subvariante kan veroorsaak.”
Nuwe spertyd vir kommentaar oor gesondheidsregulasies
Die tussentydse regulasies is Woensdag kort voor middernag bekend gemaak terwyl daar aan die permanente regulasies geskaaf word.
Kleuter herstel wonderbaarlik ná breinbesering
Die driejarige Nhlelo Chauke was byna dood en moes geresussiteer word nadat sy en haar ma in ʼn motorongeluk betrokke was.
Miljoene vir Maradona-trui
Sotheby’s, die afslaer wat bekend is vir sy kunsveilings, het ongetwyfeld die boerpot met dié stukkie sportmemorabilia losgeslaan.
Runaldo Hendricks was ‘gedrewe, vol lewe’
Die werklikheid het nog nie vir die familie van dié ‘Getroud met rugby’-akteur ingesink nie.
Dié paramedikus ’n vrou van staal
Chantell Botes, ʼn paramedikus van ER24, is binnekort op die verhoog in Slowenië waar sy Suid-Afrika by die internasionale liggaamsboufederasie se wêreldkampioenskap gaan verteenwoordig.
Polisie gekap oor ondersoek na moord op Hillary Gardee
Hillary Gardee (28) is in die agterkop geskiet en daar is R1 300 uit haar bankrekening onttrek in die ure nadat sy vermis geraak het.
Polisieman buite dogter se skool doodgeskiet
Ao. Michael Jameson (52) was van diens af toe hy omstreeks 14:15 by sy dogter se skool in Umbilo in Durban, KwaZulu-Natal, aangekom het om haar op te laai.
‘Ek is oukei,’ sê Rae ná ongeluk
Rae is die dag waarop sy uit die hospitaal ontslaan is die nuus oor haar pa en sussie se dood meegedeel.
Nuwe Covid-19-regulasies ter elfder ure aangekondig
Regulasies oor die dra van maskers, byeenkomste en internasionale reisigers wat die land binnekom is Woensdagaand gepubliseer, kort voordat die oorgangsmaatreëls wat gegeld het sou verval nadat die ramptoestand opgehef is.
Kaapse Forum eis referendum oor afwenteling van polisiemagte
Kaapse Forum glo ’n referendum moet gehou word sodat Wes-Kaapse gemeenskappe se steun vir twee kwessies getoets kan word.
Gedagte vir die dag: Die Hoop wat nie beskaam
“Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ʼn toekoms gee, ʼn verwagting!” (Jeremia 29:11 – AFR83)