Personeel van die kitskosrestaurant het ondersoek ingestel toe daar ʼn aardige reuk vanuit die kleedkamer begin kom het.
Alles vir Maandag 9 Mei 2022
Vrou, papegaaie sterf toe woonstel brand
Volgens inligting is die brand moontlik deur die vrou se kêrel gestig.
Tuis in die winter: Sonnige dae en koue nagte
Jou tuiste behoort jaarlange gemak te bied, met die buigsaamheid om aan te pas by enige seisoen.
Kouefront op pad na Kaapse kus
Die kouefront sal ook ligte reën- en donderbuie langs die kus meebring, wat temperature verder sal laat daal.
Jong pa het ‘om sy lewe gepleit’
Die aanvallers het boonop probeer om Juandré Kidson se eenjarige dogtertjie uit haar ma se arms te ruk.
Werkende ma’s deel hul wenke met Maroela-lesers
Balans, beplanning en selfsorg blyk baie ma’s se topwenke te wees.
Miljoene se opknappings kom in Krugerwildtuin
Opknappings en opgraderings sal by meer as 110 toeriste-akkommodasie-eenhede by kampe reg oor die park plaasvind.
102 renosters al vanjaar in KZN gestroop
Kenners sê sonder die reusepogings van bewaarders om die diere te beveilig, sou die stropingsyfer veel hoër gewees het.
Vurige Lydia Winchester inspireer nuwe jenewergeur
“Die oranje is vir haar borrelgompersoonlikheid en die veselagtige sappige mango kon maklik Lydia se ‘vrugte-alter ego’ wees.”
Sepiegids: Binneland se geheime onder druk
Lulu deel ʼn moeilike en hartseer waarheid met die Stryder-gemeenskap in “Getroud met Rugby” en in “Arendsvlei” stort Ruby ineen tydens ʼn danssessie met Avukile.
Boek: ‘Die stoutste klas op aarde word stouter’
Die skoolhoof het al haar dae met 4B, die stoutste klas op aarde wat by die dag net stouter word.
Vra vir Ed: Oor testamente en eksekuteurs
Is jy onseker oor die geldigheid van testamente en eksekuteurs? Ed het kundige advies.
Kapers jaag met honde weg
“Ek het hulle geroep, maar hulle wou nie uitspring nie.”
DA wil diefstal van infrastruktuur pak
“Die regering kan nie stilsit terwyl ons land se infrastruktuur gestroop en geplunder word nie. Om ons ekonomie te beskerm, moet ons ons infrastruktuur beskerm.”
‘Pappa, daar’s ’n padda in my burger’
“My dogter het so twee, drie happe uit die McDonalds-burger geneem. Toe sy die burger omdraai, sien sy die padda se pootjies uitsteek.”
Woord: kiekie
In “Die nostalgie” sing Laurika Rauch: “Die kiekies is dof die album vol stof; kyk hier bak ma haar beskuit.” Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “kiekie”.
Max laat kwik in Miami styg
“Ons is vinnig, maar daar is beslis nog ’n paar probleme wat ons sal moet uitstryk.”
SA waterstof-monstertrok wêreld se grootste
Anglo American beoog om sy ganse vloot uiteindelik na dié groener stelsel oor te skakel. Ten volle gelaai weeg dié bielie ʼn allemintige 510 ton, of dieselfde as 243 leë minibustaxi’s.
Resep: ‘Net Koffie’ se Viëtnamese koffiekoek
Berei hierdie interessante versnapering voor wanneer jy begin hunker na ’n smullekker stukkie koek.
Grootste ossewa-trektog in 34 jaar
Meer as 180 jaar na die Groot Trek het inwoners van die Vrystaat Saterdag weer 16 ossewaens op hul eie groot trek gesien.