ʼn Aantal inwoners het gekla dat hulle reeds vir E. coli behandel word, ten spyte daarvan dat hulle nie hul voete op ʼn strand gesit het nie.
Alles vir Donderdag 12 Mei 2022
Beurtkrag Donderdagaand terug
Eskom waarsku dat die begin van winter reeds tot ʼn verhoogde vraag na krag gelei het.
Smith en Boucher se heldedade op Edgbaston
“Graeme Smith se vertoning is een van die bestes in Suid-Afrikaanse sportgeskiedenis, terwyl ’n mens nie van Mark Boucher se bydrae moet vergeet nie.”
Resep: Snoektert
Maak asof jy met vakansie by die see is en bak hierdie heerlike snoektert.
Al Jazeera-joernalis doodgeskiet
Luidens berigte is Shireen Abu Akleh vermoedelik deur Israeliese soldate doodgeskiet. Israel pak egter die skuld op Palestynse soldate.
Taalgebruik: onderhewig, onderworpe
Wanneer gebruik ons “onderhewig” en wanneer gebruik ons “onderworpe”? Taaltoffie stel ondersoek in.
Boek: ‘Die verleiding van Eva de Winter’ – Louis Krüger
Dit is eers ná hulle huwelik voltrek is dat Josua begin begryp daar is iets onpeilbaars aan Eva. Hoeveel raaisels het sy van hom weerhou?
Ballito-ma weer in hof
Madelein Ackerman is sowat twee weke gelede in hegtenis geneem nadat sy na bewering haar kleuter in ’n emmer vol water by haar huis in ’n gegoede woonbuurt in Ballito verdrink het.
Eerste Covid-19-gevalle in Noord-Korea aangemeld
Dié geheimsinnige land sal glo die “maksimum noodvoorkomingstelsel vir pandemies” implementeer.
Verban van ou vlag sal ‘presedent skep’
AfriForum het om verskeie redes appèl aangeteken teen die gelykheidshof se uitspraak dat die vertoon van die 1928-vlag (die ou Suid-Afrikaanse vlag) haatspraak is.
Nuwe hoof- uitvoerende beampte vir VL
Vrystaat Landbou se nuwe uitvoerende beampte is “’n man van integriteit”.
Egpaar dreig hul seun: ʼn Kleinkind of R10 miljoen
Die egpaar wil hul seun dagvaar en eis dat hy en sy vrou óf binne ʼn jaar ʼn kleinkind vir hulle voortbring óf meer as R10 miljoen vir hulle gee.
Van Wouw se ‘Slegte nuus’ onder hamer
Die afslaers meen Van Wouw se kunswerk is dalk een van die mees ikoniese mini-monumente van die oorlog.
Passasier land vliegtuig ná vlieënier flou word
“Ek het geen idee hoe om hierdie vliegtuig te stop nie.”
Mededingingskommissie moet drasties hervorm of afgeskaf word
Hervorming van die kommissie is onwaarskynlik, gegewe hoe verskans goedvoelaktivisme in sy DNS geword het. Dit is waarskynlik nuttiger om eerder te pleit vir die totale afskaffing daarvan.
Hande in die hare: Creevy vir week geskors
“Die komitee het die klagte gehandhaaf en bevind dat Agustin Creevy opsetlik Eben Etzebeth se hare getrek het.”
Bridget, die Muizenberg-brug wat trokke ‘eet’
ʼn Brug in Muizenberg genaamd “Bridget” spog selfs met haar eie Facebook-blad.
Pedrie Wannenburg gegroet
“Isabelle en Francois, julle pa het julle met sy hele wese lief gehad en in julle geglo.”
SA diamant vir miljoene opgeveil
Die diamant, wat die bynaam The Rock gekry het, is die grootste van sy soort wat nog opgeveil is, maar dit kon nie die wêreldrekord vir die duurste wit diamant oortref nie.
Rafa jag sy 11de Italiaanse titel
Die 35-jarige Spanjaard sien nou uit na sy herontmoeting met Denis Shapovalov ná verlede jaar se “fratswedstryd”.