Chery se Tiggo 7 Pro, ʼn C-segment-sportnutsvoertuig wat vyf sitplekke bied, is pas bekendgestel.
Alles vir Vrydag 13 Mei 2022
‘J&J is veilig’ hou Sahpra vol
Die reguleringsowerheid sê hy weet van vier gevalle in Suid-Afrika waar mense ʼn seldsame bloedstollingsindroom weens die entstof ontwikkel het.
Minister se stilte sluit uit
Die regering se hardkoppige en hardvogtige benadering tot taal vervreem nodeloos ʼn groot segment van die bevolking en sal mettertyd as voorbeeld van nóg ʼn mislukte beleid geld. Ongereelde en halfhartige pogings tot verdeel en heers sal dit nie verhinder nie.
Voetbesering kniehalter Nadal weer
“Dit is tyd dat ek dinge aanvaar en aanhou veg. Ek gaan my dokter saam met my na Roland Garros neem; dalk help dit.”
McDonald’s sê jammer ná padda-voorval
Die restaurantgroep het ook beloof om die volle koste van die gesin se ete terug te betaal.
Kommer, kritiek oor landbou se begroting
Die departement is gekap vir sy besteding aan niksseggende programme, terwyl belangriker projekte steeds onderbefonds word.
LLB-program nou voltyds op Akademia-kampus aangebied
“Om die regswêreld te betree is ʼn groot besluit, maar indien dit jou roeping is, sal hierdie beroep jou grootste verwagtinge oortref.”
Leerder neem glo wraak ná broer geboelie word
Die gr. 9-leerder het die ouer seun glo vier keer gesteek voordat hy gevlug het.
Verbruikersake: In ’n wêreld wat kriptomal is, is bedrog steeds bedrog
Al wat leef en beef wil deesdae hê mense moet in kriptogeldeenhede belê, maar so gou as wat jy na bewering ryk kan word daaruit, so vinnig kan jy jou geld verloor. Ina Opperman verduidelik meer oor dié skelmstreke en wat jy kan doen om jouself te beskerm.
Sakevrou se kuns teen rekordpryse opgeveil
’n Bronsfiguur deur Pablo Picasso het ook ’n rekord by dié veiling in die VSA laat spat.
Tyd loop uit vir Wes-Kaap om getel te word
“Die syfers, soos dit nou staan, sal die geldigheid van die sensusresultate in die provinsie beïnvloed,” sê Everatt.
Wêreldrugby se ‘slapende reus’ kry gasheerstatus
Dit is die Amerikaners se droom dat daar teen 2031 ongeveer 450 000 rugbyspelers in die land sal wees en dat wedstryde van “kus tot kus” gespeel sal word.
Musiekvideo: Seer is net ‘tydelik’, vertel Harry Broersma
“Ek wil hê mense wat na ‘Tydelik’ luister, moet besef hulle is groter as die duiwels wat hulle elke dag saamdra.”
Alewig lam in die bas? Dís dalk hoekom
“Die behandeling van lang-Covid is nuut en daarom bestaan daar tans geen vaste riglyne om dit die hoof te bied nie. Sekere medikasie toon wel belofte wat die behandeling van die moegheid betref.”
Selfs die slimste skaap kan die wolf nie oortuig nie
Goeie argumente is belangrik. Ons moet aanhou om ons argumente te slyp en ook om vir ander te wys dat ons saak reg is. Maar doelgerigte optrede is selfs belangriker.
Spaanse vroue kry dalk siekverlof vir menstruasie
Indien die konsepwetsontwerp slaag, sal Spanje die eerste Westerse land wees wat dié soort wetgewing instel.
Is jou finansiële bates verskans teen regeringsinmenging?
Nog belangriker, ons moet seker maak dat finansiële instellings die regte stappe doen om bates behoorlik op te pas. Selfs teen regerings, indien nodig.
Podlitiek: Onderhoud met dr. Leon Schreiber
In dié episode van Podlitiek gesels Paul Maritz met dr. Leon Schreiber, ʼn parlementslid en pasverkose lid van die raad van die Universiteit Stellenbosch.
Omvattende navorsing oor vreemde hepatitis onder kinders
Wetenskaplikes het steeds geen klinkklare antwoorde oor die oorsprong van die lewersiekte nie, maar die adenovirus is tans boaan die lys van virusse van belang wat ondersoek word.
Fliekvlooi Floris se fliekresensie: ‘Indemnity’
Floris Groenewald, Maroela Media se eie fliekkenner, het na die nuwe plaaslike rolprent ‘Indemnity’ gekyk.