Ineos het pas die bestelboek vir sy veelbesproke Grenadier oopgemaak met die nuus dat aflewering reeds in Oktober verwag kan word.
Alles vir Woensdag 18 Mei 2022
Talle skole wag nog vir geld van departement
“Indien die geld nie oorbetaal word nie, sit dié skole letterlik sonder water en elektrisiteit en kan die mees basiese skryfbehoeftes nie aan leerders voorsien word nie.”
McCullum en Mott is Engeland-breiers
“Dit is ongelooflik vreemd dat iemand soos Gary Kirsten vir die tweede keer nie die pos gekry het nie. Ek verstaan nie waarom dit weer gebeur het nie.”
Andréa blaas nuwe lewe in musiekbedryf met ‘Tweede asem’
Haar debuutenkelsnit is uit die pen van ADAM se Hugo Ludik, asook Posduif en Rubber Duc se Nick Jordaan.
Twee vas vir moord op Renée Jain
Die polisie het intussen bekendgemaak dat die voormalige Cape Union Mart-bestuurder aangerand en versmoor is.
AB in RCB-heldesaal opgeneem
“AB het met sy innoverende houe, briljantheid en sportmangees ’n reuse-invloed op die spel gehad,” het Virat Kohli gesê.
Mauritius – ʼn paradys vir lewe én sterwe
Het jy bates in die buiteland? Maak seker jy kry kundige advies wanneer jy jou testament opstel.
Wiele2Wiele stel Chery se Tiggo 7 Pro op die proef
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met nog ’n nuwe Chery – die Tiggo 7 Pro. Hulle vat die langpad van die Kaap na Bloemfontein en terug met die Hyundai Staria Elite-bussie en gaan ry ’n spesiale verjaarsdaggeskenk – die Suzuki Vitara Brezza S-Edition.
Is ek te oud om sekere items te dra?
Moet nooit ophou om met jou styl te eksperimenteer en pret te hê met jou klere nie, want ouderdom is net ʼn nommer.
Klein Tazné se ‘moordenaar’ eindelik verhoor
’n Groot gedeelte van die verhoor sal in camera aangehoor word weens die sensitiewe aard van die saak.
Aantygings oor KZN-rampgeld ‘ongeregverdig’
Die DA wou vandeesweek weet waarom KwaZulu-Natal nog nie die regering se beloofde R1 miljard vir rampverligting ontvang het nie.
Video: Olifant se hulpkreet red bokkie wat verdrink
ʼn Waaksame olifant het getrompetter om hulp te roep toe sy sien dat ʼn bokkie besig is om te verdrink
Ombud betaal byna R400 miljoen uit ná versekeringsklagtes
Die voortslepende Covid-19-pandemie kry die skuld vir die meer diensverwante klagtes wat die ombudsman vir lewensversekering verlede jaar ontvang het.
Kitaar wat bekende rockgroep opbreek, verkoop
Die betrokke kitaar, wat in 2011 gerestoureer is, is Dinsdag in sy oorspronklike houer en ʼn nota van die voormalige eienaar, geteken “Peace, love and bananas”, aangebied.
Dié digters wen Ingrid Jonker-prys
Die digkompetisie is na Jonker vernoem vir haar bydrae tot letterkunde asook haar beywering vir menseregte.
Gedig: Tyd
Marius Coetzee is pas as die wenner van die Ingrid Jonker L’ Art Poétique-digkompetisie vir 2021 aangewys.
Hou dié spelers dop, sê topafrigter
Volgens die bekende tennisafrigter Patrick Mouratoglou is daar vier spelers wat moontlik met die silwerware op Roland Garros kan wegstap.
Rusland sê oor Roodt-gesin se paspoort-penarie
Die Russiese ambassade het gereageer op ʼn voorval waartydens die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt se kinders vroeër vandeesmaand verhoed is om Rusland met Suid-Afrikaanse paspoorte te verlaat.
Tiener dood nadat sandtonnel ineenstort
Die 13-jarige was ná 20 minute reeds meer as twee meter onder die sand begrawe nadat hy ʼn tonnel buite ʼn kampterrein in Amerika gegrawe het.
Huldeblyke stroom in vir Aleit
“Die onmiddellike leemte wat Aleit agterlaat, is dat ons ons geliefde kollega en vriend verloor het. Ons gaan hom so verskriklik baie mis.”