“Ek verkies veel eerder ’n nuwe vlerk op my renmotor as om drie jaar jonger te wees.”
Alles vir Donderdag 19 Mei 2022
Hof genader oor Covid-19-reëls in werksplek
“Die risikobepaling wat werkgewers verplig is om te onderneem, is heeltemal onrealisties en onmoontlik om te implementeer en in stand te hou.”
Raak nostalgies met kykNET&kie se oorgeklankte telenovelas
“Suid-Afrika is gelukkig om uitstekende oorklankingsgeriewe te hê. Kykers sal verbaas wees deur hoe tegnies en omslagtig die proses van oorklanking is.”
Neels en sy Flo se liefdespad skei
Die paartjie het mekaar in die eerste seisoen van die kykNET-maatsoekreeks “Op my eish!” ontmoet.
Onderliggende probleme in jou troeteldiere
Met enige gewrigsprobleem is dit noodsaaklik dat ingryping so vinnig as moontlik gebeur. Hier is al die tekens en simptome waarvoor jy op die uitkyk moet bly.
Boek: ‘Skryf Afrikaans van A tot Z’
Die derde uitgawe van ‘Skryf Afrikaans van A tot Z’ is bygewerk volgens die elfde ‘Afrikaanse Woordelys en Spelreëls’.
Nuuskommentaar: Kan Suid-Afrika sonder ras oorleef?
Die afgelope week het Suid-Afrika vir die eerste keer in ʼn lang tyd weer ʼn beweerde rasvoorval wat die nuussiklus volledig oorneem. Dit is juis die wyse waarop dit in die media hanteer word waarby ʼn mens moet stilstaan.
Am dra no. 13-trui teen Ulster
“Ons weet dat dit ’n groot uitdaging is om in Belfast te speel, maar ons glo dat ons spelers oor die vermoë beskik om die wedstryd te wen.”
Regering gaan besluit oor vlag hersien
Nathi Mthethwa sê hy “neem kennis” van SA burgers se kritiek teen sy departement se peperduur vlagprojek.
Man dobbel Covid-19-toelaag weg
Die man het aan die polisie gesê hy het die geld by aanlyn casino’s uitgegee.
Triumph se Tiger Sport 660 ’n middelgewigtoerfiets
Triumph het na my mening ’n wenresep beet met hul 660-reeks. Boonop kry hulle dit reg om die pryse ook redelik in toom te hou.
Kyk: Besering se voet! Rafa oefen in Parys
Die “Koning van Klei” het gister twee ure lank op die Philippe Chatrier-baan in Parys geoefen. En dit lyk darem of sy voetbesering hom nie te veel gepla het nie.
Kosmandjies verlede maand nóg duurder
Nié net het Suid-Afrikaners verlede maand ’n skok by die brandstofpomp beleef nie, maar hul koppie boeretroos was óók duurder.
Honderde ontsnap jaarliks uit aanhouding
Meer as 3 000 verhoorafwagtendes het die afgelope vyf jaar al uit polisieaanhouding ontsnap.
Taalgebruik: uitmis
Afrikaanssprekers gebruik soms (verkeerdelik) die woord “uitmis” wanneer hulle die Engelse idiomatiese uitdrukking “miss out” in gedagte het. Lees vandag se Taaltoffie om seker te maak jy trap nie klei nie.
Lesersbrief: Hoekom nou die Taalmonument opeis?
Hoe kan ander taalgroepe ‘n monument opeis wat spesifiek deur die Afrikaanse gemeenskap gefinansier is?
Maatskappye moet opdok ná bedrog met wêreldbeker
Die skikking sluit ’n betaling van R31,3 miljoen deur elke kontrakteur oor die volgende drie jaar in.
10/10, Quinton!
Quinton de Kock het gisteraand ’n onoorwonne 140 lopies in die Indiese Premierliga geslaan. Sy beurt het tien viere en tien sesse ingesluit.
Resep: Tuisgemaakte hoendernoedelsop
Dié hoendernoedelsop kan jou immuniteit ʼn hupstoot gee en is perfek vir ʼn koue wintersdag.
NVG gee duidelikheid oor terugtrek van aanklagte teen veterane
Die saak teen die groep van 53 sogenaamde oorlogsveterane wat verlede jaar glo twee kabinetsministers en ʼn adjunkminister by die Saint George-hotel in Irene in Pretoria gyselaar gehou het, is teruggetrek omdat daar nie ’n prima facie-saak is nie.