Twee voormalige werknemers van die Ekurhuleni-metro en ’n sakeman is Woensdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria gevonnis vir tenderbedrog van R21,8 miljoen.
Alles vir Donderdag 19 Mei 2022
Polio ook nou in Mosambiek aangemeld
Die jongste uitbreking het glo in Pakistan ontstaan waarna dit na dié Afrika-lande versprei het.
Leerders verloor driekwart van skooljaar weens pandemie – navorsing
Die navorsers waarsku dat tyd beskikbaar gestel moet word om agterstande in taal en veral wiskunde in te haal.
Oudburgemeester van Johannesburg sterf week na botsing
Hy is aangestel na die dood van die twee Johannesburgse burgemeesters voor hom, wat onderskeidelik aan Covid-19 en in ’n motorongeluk dood is.
Gedagte vir die dag: Innerlike krag – liefde
“‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.” (Matteus 22:37-40 – AFR83).