Die weerdiens voorspel boonop ʼn yskoue naweek vir groot dele van die land.
Alles vir Vrydag 20 Mei 2022
Denel-werkers nou ook hul medies kwyt
“My asem was weggeslaan toe ek die boodskap gisteraand lees.”
Ontvoerde tiener teruggekry
Drie onbekende verdagtes het op die voertuig toegeslaan waarin die seun op pad skool toe was. Die bestuurder is in die kattebak gedwing.
Spesiale oudit vir KZN-rampgeld
Die ouditeur-generaal (OG) van Suid-Afrika het Donderdag verduidelik presies hoe sy beplan om die besteding van broodnodige fondse streng te monitor.
Resep-video: Malvapoeding
As jy ’n drukkie in ’n poedingbakkie soek, sal hierdie malvapoeding se warm, omhelsende arms perfek wees.
Eskom-kantoor se krag afgesny
Eskom skuld dié Oos-Kaapse munisipaliteit glo ’n stewige bedrag geld.
Superster Rihanna verwelkom eerste pienkvoet
Die paar het die swangerskap eers in Januarie vanjaar met ‘n reeks glansryke foto’s bevestig.
Geskiedenis! O wee, geskiedenis!
As kurrikulumontwikkeling gebeur soos dit deur Motshekga beskryf word, is die naam van die vak verkeerd, want Geskiedenis is iets anders – wat sy beskryf, is indoktrinasie.
Novak, Rafa dalk reeds vroeg slaags in Parys
Wat sal die uiteinde van hierdie (moontlike) titaniese kwarteindstryd wees? ’n Halfeindstryd-ontmoeting met Carlos Alcaraz!
Voortrekkerskatte kry nuwe tuiste danksy ooreenkoms
Hierdie is maar slegs ’n voorsmakie van al die Voortrekkerskatte wat in dié uitstalling te siene gaan wees en die publiek word genooi om eersdaags die Voortrekkermonument te besoek vir ’n nuwe uitstalling wat lig werp op die Afrikaner se reis na vryheid.
Namibië wil sonkrag aan Europa, SA verkoop
Namibië kan glo soveel sonkrag produseer dat die land eindelik selfvoorsienend in sy vraag na elektrisiteit sal wees.
Faf de Klerk verloof
Die blondekop-skrumskakel Faf de Klerk het sy meisie, Mine van Niekerk, gevra om te trou.
Motshekga bepleit moedertaalonderrig in skole
Meer as 80% van die land se leerders het nie toegang tot onderrig in hul moedertaal nie.
Rentekoers al groter las op verbruikers
“Die gemiddelde Suid-Afrikaner ontvang nie enige loonverhogings om tred te kan hou met die hoë prysstygings nie, wat beteken dat hulle al meer skuld aangaan.”
Podlitiek: Mthethwa sit pot mis, insident op US-kampus
Op die agenda is die naam van die Taalmonument, die beplande skenking aan Kuba asook die veelbesproke voorval wat onlangs by die Universiteit Stellenbosch plaasgevind het.
Sukkelende Kohli vat op regte tyd vlam
Faf du Plessis het nog die heeltyd in Virat Kohli se vermoë geglo, terwyl AB de Villiers ook al vantevore gesê het dat niemand oornag ’n swak speler word nie.
Waterskenking bring verligting aan KZN-vloedslagoffers
Die Solidariteit Beweging se Krisisfonds kon danksy onlangse skenkings sorg dat meer as 43 000 liter drinkwater na rampgeteisterde gebiede in KwaZulu-Natal gestuur word.
‘Die Kontrak 2’ se top-26-finaliste bekend
Dié 26 deelnemers gaan dinge uitspook in die tweede seisoen van ‘Die Kontrak’.
‘Op my eish! 2’: ‘Hoekom sal ek dan bly’
“Ek het Francois al genoeg dopgehou en met hom gekommunikeer om te weet dat hy nie die een vir my is nie.”
Musiekvideo: Ruan Jordaan gesels oor ‘Veilig tuis’
“Dit is so opwindend en nogal ’n bedrywige tydjie wat vir my voorlê met die uitreiking van ‘Veilig tuis’ én ‘Die Kontrak 2’-verpligtinge.”