Sedert die departement die instandhouding in April 2022 oorgeneem het, is beduidende vordering reeds gemaak om verkeersligte te herstel.
Lees meerAlles vir Maandag 30 Mei 2022
Klein ondernemings ly weens skade by substasie
“Die enorme skade wat aangerig is, beteken dat die substasie herbou moet word.”
Seun bly agter tralies ná ma se moord
Daar was gerugte dat hy sy ma se bloed gedrink het ná die moord.
Hof blameer minister vir verkrygingsverwarring
Dié uitspraak bring die kwessie van die onwettigheid van die 2017-regulasies se BEE-voorafdiskwalifikasie in tenders finaal tot ʼn einde – ʼn vyf jaar lange hofproses om een van die mees skadelike BEE-maatreëls op die wetboek geskrap te kry.
Vullistrok val in sinkgat in Carletonville
“Die munisipaliteit se onvermoë om sinkgate te rehabiliteer, stel lewens en eiendom in gevaar.”
ToekomsVenster: Mag julle lig skyn
Mag ons in hierdie dae ons roeping stewig vasmaak en, soos ‘n spekboom lewegewende suurstof vrystel, wat deur die Gees geïnspireer is, sodat ons omgewing genees kan word.
Proteskonsert verenig Afrikaanssprekendes
“Daar was iets geskiedkundig aan die dag. Afrikaanssprekendes het verenig gestaan teen die verandering. Daar is ’n boodskap van eenheid uitgestuur.”
Oudsoldate word gedenk by Voortrekkermonument
Dit word beskryf as die grootste byeenkoms van familie, oudsoldate en vriende wat nog saamgetrek het ten nagedagtenis aan soldate wat tydens die Grensoorlog dood is.
Man probeer ‘Mona Lisa’ met koek besmeer
ʼn Man, geklee soos ʼn bejaarde vrou, het uit ʼn rolstoel gespring en probeer om die koeëlvaste glas van die Mona Lisa in die Louvre stukkend te slaan.
Toenemende weerstand teen stygende brandstofpryse
Die regering kan nie brandstof as ʼn kontantkoei bly beskou nie en Suid-Afrikaners moet die regering se misbruik van brandstofpryse, sowel as oorbelasting, verwerp, sê die DA.
Sonskynkus nuwe speelgrond vir ‘Survivor SA’
“Survivor South Africa: Return of the Outcasts” beloof om die “warmste seisoen nóg” te wees.
Dít is silwerdoek se duurste juwele
Die halssnoer wat die karakter Rose in Titanic gedra het, is die duurste juweliersware in rolprentgeskiedenis sou dit ooit verseker moes word.
Hoërskool Daniëlskuil ‘betreur’ voorval by rugbywedstryd
Hoërskool Daniëlskuil is nou met ʼn interne ondersoek besig aangesien leerders van dié skool glo by die beweerde aanranding van ʼn onderwyser betrokke was.
Steeds geen borgtog vir vermoorde Vicki Terblanche se man
Arnold Terblanche se tweede borgtogaansoek was volgens die verdediging op “nuwe bewyse” geskoei.
Upington-moordverdagtes dán weer in hof
Die staat het verlede week nog vier getuies geroep, onder wie twee polisiebeamptes.
Skryf nou in vir Aitsa-toekennings
Afrikaanse kunstenaars, liriekskrywers en vervaardigers van musiekproduksies kan vanjaar in 13 kategorieë inskryf.
Ligte vanaand weer af
“Drie opwekkingseenhede sal na verwagting teen vanaand in diens gestel word, wat die druk effens sal verlig.”
Brand breek uit in Salu-gebou in Pretoria
Die brand het glo weens ʼn elektriese fout in die kantoor van die meester van die hooggeregshof in Pretoria uitgebreek.
Kompetisie: Wen ’n Lamelle-geskenkpakkie saam met Nadia Beukes
“Ek sukkel al jare met grootmens-aknee. Ek stap al ’n lang pad om die skade aan my vel te herstel – 15 jaar van daardie pad is saam met Lamelle.”
Steeds geen aankondiging oor nuwe brandstofprys
“En met die toenemende besef van die 33%-belastingkoers op brandstof is Suid-Afrikaners gereed om woedend weerstand te bied teen enige verdere prysstygings.”