Die SAS King Sekhukhune I is die eerste van drie hipermoderne patrollievaartuie wat vir die vloot gebou is.
Alles vir Vrydag 17 Junie 2022
Verrassende hulp vir seun met rugbydroom
Die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom het vandeesweek gevra vir bydraes sodat een van hul kinders sy rugbydroom kan nastreef. Groot was hul verbasing toe een van die rugbyunies aanbied om te help.
Fourie speel 100ste wedstryd teen Bulls
“Deon Fourie teen Marcell Coetzee – wat ’n stryd sal dit nie wees nie!”
‘Bestuurdersfout’ oorsaak vir dodelike Tshwane-busongeluk
ʼn Verslag het bevind die vragmotor het uit sy eie baan beweeg en die aankomende bus reg van voor getref.
Video: Organiseer jou klerekas met min moeite
“Glam Guru” se Lizel van der Westhuizen verduidelik hoe jy maklik kan besluit wat bly en wat gly in jou klerekas sonder om tyd of moeite daaraan te bestee.
Resep: Oondgebakte witvis
Dié resep is perfek wanneer jy na geurige en gesonde geregte op soek is.
Statebondspele vierkant in Tatjana, Kaylene se visier
Tatjana Schoenmaker en Kaylene Corbett sal nie deel van die aksie by die komende Wêreldkampioenskap wees nie en sal op hul voorbereiding vir die Statebondspele konsentreer.
Winterinisiasieseisoen skop af in Oos-Kaap
“Ons het egter die gemeenskap se hulp nodig om onwettige skole en enigiets wat die veiligheid van die jong manne kan bedreig, aan te meld.”
Pa, dogter ongedeerd ná ontvoeringsdrama
Die man se ontvoerders het hom na bewering in ’n silwer Ford Ranger-bakkie na die bank geneem om kontant te onttrek in ruil vir sy en sy dogter se vryheid.
Opspraak oor boek wat sê Christelike geloof is ‘lugspieëling’
Die Suid-Afrikaanse teologiese omgewing is behoorlik in opspraak ná die onlangse publikasie van dr. Johan Retief se boek, Die Slegte Nuus van die Evangelie: My reis na verlossing.
Begrawe van doodgebore babas is wettig – Konstitusionele Hof
“Ons is oortuig daarvan dat hierdie uitspraak ʼn enorme verskil gaan maak in die lewe van voornemende ouers wat hulle ongebore baba verloor voor 26 weke ná verwekking.”
Spira bult spiere as SA se Virgin Active-hoof
“Met Jessica as besturende direkteur en ’n sterk span aan haar sy, sal Virgin Active Suid-Afrika in staat wees om munt te slaan uit die snelgroeiende gesondheid-, welstand- en fiksheidsmark.”
Eis kan kom ná metropolisie sakeman, kinders glo aanrand
Dit is boonop die tweede keer dat Stanley Kirton, ʼn bekende sakeman op Hartbeespoort in Noordwes, op dieselfde plek op die R511 voorgekeer en glo geteister en rondgepluk is.
Vrijheidsreis-uitstalling open sy deure
Volgens Langner is dit nie ’n plek waar saggies gefluister word oor die geskiedenis nie, maar waar daar hard gesels word oor die gebeure van die verlede en die impak wat dit vandag steeds op ons vryheidsreis het.
Boek: ‘Geseënd is dié wat treur’ – Susan Jordaan
Die boek bevat bydraes deur skrywers soos Barend Vos, Susan Coetzer, Stephan Joubert, Ivor Swartz, Carina Stander, Elsa Winckler en Helene de Kock.
Noue ontkoming toe olifantbul motor in sloot gooi
“Hy het die motor opgetel soos rugbyspelers wat ʼn lynstaan uitvoer.”
Man vas wat tiener glo buite kitskosplek aanrand
Die voorval het Woensdagaand omstreeks 18:30 by die restaurant in ʼn winkelsentrum plaasgevind en is op video vasgelê.
Diefstal op Ramaphosa-plaas: Namibiese polisiehoof ontken toesmeerdery
Namibië se polisiehoof het ontken dat dié land enigsins gehelp het om die rooftog by pres. Cyril Ramaphosa se luukse plaashuis toe te smeer.
Taalmonument: ‘Groot druk op ANC wen stryd om behoud van Afrikaans in naam’
Dit is duidelik dat die stryd om die beoogde verandering van die Taalmonument se naam ’n positiewe wending geneem het nadat pres. Cyril Ramaphosa verlede week tot die debat toegetree het.
Sewe siektes wat mans óók raak
Ofskoon vroue meer geneig is om met sekere siektes gediagnoseer te word of meer geneig is om bepaalde gesondheidsuitdagings die hoof te moet bied, is dit allermins tot die skoner geslag beperk.