Die kennisgewing is stil-stil in die Staatskoerant gepubliseer, die aand voor ʼn mediakonferensie wat die uitkomste van ʼn kabinetsbespreking hieroor sou bekendmaak.
Lees meerAlles vir Woensdag 22 Junie 2022
Inflasie: Inwoners het verligting in brandstofpryse nodig
“Die mees direkte en doeltreffende stap wat die nasionale regering kan doen is om die brandstofpryse te verlaag.”
Finale staatskapingverslag aan president oorhandig
Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand bevestig dat hy die finale deel van die verslag van die geregtelike Kommissie van Ondersoek na Bewerings van Staatskaping, Korrupsie en Bedrog in die Staatsdiens ontvang het.
Herroeping van regulasies nodig, maar dalk nie einde van litigasie nie
“Daar is ʼn verskil om regulasies net voorlopig af te skakel, net te wysig, of volledig terug te trek.”
Clover-aanvalle: Borgtog van drie beskuldigdes vorder
Die aansoek is op die vorige geleentheid uitgestel omdat die verdediging ’n aansoek gebring het vir toegang tot die beeldmateriaal van die voorvalle.
Brand breek uit by Chris Hani Baragwanath-hospitaal
ʼn Brand het Woensdag by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal uitgebreek.
Soektog na vermiste Soweto-seuntjie duur voort
Die soektog na Khayalethu Magadla, ʼn sesjarige seuntjie wat verlede week in ʼn oop mangat in Soweto geval het, duur voort.
ToekomsVenster: Hy sal vir jou sorg
Te midde van alles sorg die Here vir die regverdige.
Tshwane weer op oorlogspad oor skuld
Die metro wil 311 eiendomme se dienste opskort in ’n poging om R408 miljoen se skuld in te vorder.
Fase 3-beurtkrag of hoër moontlik – Eskom
Eskom sê hy moes sedert April reeds 40 dae van beurtkrag instel en 270 miljoen liter diesel gebruik om aan die aanvraag na krag te voldoen.
Duisend nou al dood in aardbewing
Afghaanse owerhede verwag dat die dodetal nóg verder kan styg namate reddingswerkers deur die puinhope van platgevalle geboue en huise soek.
Dalene Matthee se ‘Kringe in ʼn bos’ eersdaags in Arabies
Die roman is al in Engels, Portugees, Nederlands, Frans, Yslands, Spaans, Hebreeus, Duits, Sweeds, Italiaans, Fins en Noorweegs vertaal.
Boek: ‘China in Afrika’ – Fanie Herman
In Fanie Herman se boek China in Afrika: Die era van sekuriteit word China se militêre diplomasie en dimensies van sekuriteit in Afrika ondersoek.
Dewald Gouws: ‘Dis ʼn roeping, ek het nie gospelmusiek gekies’
“Ek wil hê dat wanneer mense na my musiek luister, hulle moet weet dat hulle nooit alleen is nie en dat hulle veilig in die palm van God se hand bewaar word.”
Digitale intelligensie kernbelangrik vir gesonde sosialemediagebruik
Volgens Dean McCoubrey van MySociaLifeSA moet volwassenes juis self digitale platforms gebruik en tot ʼn mate infiltreer om te verstaan wat die werklike gevare en uitdagings daarop is.
Guptas se uitlewering ‘vorder’
Die NVG ontken berigte oor sy oënskynlike swak hantering van die uitleweringsproses of versuim om op versoeke van die VAE te reageer.
Madosh, Arno groet Bulls
“Ons het dalk nie die seisoen op die manier afgesluit waarop ons graag wou nie, maar ek sou dit met niemand anders wou aanpak nie.”
Kenners bekyk sukses, toekoms van Afrikaanse onderwys
“Die ondersteuning van die gemeenskap en ouers moenie gering geskat, of as vanselfsprekend aanvaar word nie.”
Regering kan nie maskermandaat wetenskaplik steun
Een van die bronne waarop die regering se maskermandaat skynbaar steun, waarsku spesifiek téén die gebruik van lapmaskers.
Geniet ware Karoo-gasvryheid by 13de Klein Karoo Klassique
Wanneer die winter eers aan Oudtshoorn se deur kom klop het, kan jy maar ook weet dit is weer tyd vir die volgende Klein Karoo Klassique. Dié fees van klassieke musiek word vanjaar vir die 13de keer van 5 tot 9 Augustus op in die Karoo-dorp met sy liefde vir die kunste aangebied.