Balini Naidoo Engelbrecht se innoverende braille-identifikasiestelsel beskryf elke item se kleur, snit, grootte en wasaanwysings.
Lees meerAlles vir Sondag 26 Junie 2022
Foto’s: Treinstasie se tuine ná jare weer opgeknap
Die Grootbrakrivier-treinstasie het vroeër jare pryse ingeoes vir sy mooi tuine, maar het intussen erg agteruitgegaan.
Rhoda Kadalie se lewe in roudiens besing
Die menseregteaktivis en feminis se familie het Sondagmiddag tydens haar roudiens aangekondig dat hulle ʼn beurs ter gedagtenis aan Kadalie gestig het wat beoog om “toekomstige skrywers te ondersteun om Rhoda se voorbeeld te volg”.
Só lyk ʼn besoek aan ʼn professionele salon
Om ʼn salon te besoek gaan nie net oor bederf nie, maar om te belê in jou fisiese en psigiese toekoms.
Internasionale oorsig: Berade bevestig globale verdelingslyne
Die afgelope week is die Brics-beraad deur China aangebied met die vyf staatshoofde van die Brics-lande wat per videoverbinding oor globale uitdagings vergader het.
Kriminele klagte wink vir Arthur Fraser
Dít kom nadat sy beweerde misdrywe in die jongste aflewering van die Zondo-kommissie na staatskaping se verslag onthul is.
Polisie kry lyk van man wat verdrink het
Die oorledene is glo vroeër vandeesmaand saam met ʼn pastoor na die betrokke rivier om daar te gaan bid.
VRK-kaliber rugby dalk nie Bokke se voorland
“’n Mens moet dinge in perspektief plaas – wat op provinsiale vlak vir ’n span werk, werk nie noodwendig in die toetsarena nie,” het Wayne Pivac gesê.
Bestendige Brad vyfde in Assen
Suid-Afrika se bestendige Brad Binder kruip al hoe nader aan nog ʼn podiumplek in vanjaar se MotoGP.
‘Eskom se lasvermindering onregverdige straf’ – TLU SA
“Boere kan nie sonder elektrisiteit boer nie – saai- en groenteboere ly erg hieronder.”
Betalende kliënte die hardste getref deur lasvermindering
Boere en sake-eienaars van Marken, Limpopo, sit tot agt uur per dag sonder krag – en dít omdat ánder nie vir elektrisiteit betaal nie.
20 mense sterf in taverne
Die oorledenes is almal tussen die ouderdom van 18 en 20 jaar.
Russiese missiele teiken weer woonbuurt in Kiëf
Dit is die derde keer sedert die aanvang van die konflik tussen Rusland en Oekraïne dat Kiëf se Shevchenkivsky-woonbuurt deur missiele geteiken is.
Novak mik na vier op ’n streep
Wimbledon is deesdae sinoniem met aarbeie en room… en Novak Djokovic wat titels wen.
Lyke ontbind glo in kraglose lykshuis
Die Gautengse LUR van gesondheid sê daar is sedert Februarie nie ʼn werkende kragopwekker by die Ga-Rankuwa-lykshuis in Pretoria nie.
Kyk: ‘Curriebeker hoort g’n in museum,’ sê Stonehouse
As ’n mens gister in Kimberley na die passie van elke betrokke speler en ondersteuner gekyk het, brand die Curriebekerreeks nog warm in baie Suid-Afrikaners se harte.
Ses sterf in gru-ongeluk buite Tzaneen
Die bestuurder van ʼn Ford-sedan het na bewering beheer oor sy voertuig verloor en reg van voor teen ʼn aankomende motor gebots voordat dit aan die brand geraak het.
Sallas de Jager, ’n moderne storieverteller
“Twintig jaar gelede kon jy nie vinnig musiek vir jou afgelaai het van die internet af nie, jy moes uitgaan om dit te kon beleef. Jy moes moeite doen om nuwe goed te sien”
Zuma vaar uit teen Zondo-verslag
Zuma beplan nou om dele van die verslag waarin hy self betrek word te betwis en moontlik selfs hoofregter Raymond Zondo hieroor aan te vat.
Luister: Ben Booysen se geskenk aan sy kleinkinders
“Ek wil hê my kleinkinders moet eendag lees hoe hulle oupa uitgestyg en een van die beste polisiemanne in die land geword het.”