Jhaniele Fowler was ’n doring in die Suid-Afrikaners se vlees en die ervare doelspeler van 1,96 m het gesorg dat Jamaika lekker momentum op die telbord geniet.
Lees meerAlles vir Saterdag 30 Julie 2022
Kyk: Goud én rekord vir Lara
Lara van Niekerk het so pas die eindronde van die 50 m-borsslagitem in ’n rekordtyd gewen.
Motoriste gewaarsku oor bloulig-kapers
Motoriste in die omgewing van Durban in KwaZulu-Natal word gewaarsku oor ʼn bloulig-bende wat moontlik verantwoordelik is vir ʼn reeks kapings en ʼn ontvoering Vrydag.
Brandewyn vier 350 allemintige jare
Maak jou oë toe en gee jou verbeelding én reuksintuig vrye teuels: dink aan gestoofde vrugte, met ʼn goeie skeut karamel, dalk effe speserye, bietjie hout, ʼn tikkie soet, ʼn bietjie aards en blommerigheid wat jou neus betower. Dis maar enkele van die geure in Suid-Afrikaanse brandewyn, wat vanjaar 350 jaar oud is.
Ramaphosa sing weer onteieningsdeuntjie
Die ANC sal steeds elke moontlike uitweg oorweeg om die resolusie van sy 54ste Nasionale Kongres – naamlik grondhervorming sonder vergoeding – te implementeer.
Pas jou ‘krag’-skoen jou voet?
Almal dra nie dieselfde grootte skoen nie. Een soort skoen werk ook nie vir alle aktiwiteite nie. Hierdie stukkie algemene kennis en logika is 100% van toepassing op die sonkragbedryf. Dit is juis die konsekwente toepassing van hierdie beginsel wat Akira Solar suksesvol maak.
Bewaring vir die nageslag is Singita se leuse
ʼn Besoek aan een van die lodges in die Singita Privaat Wildreservaat in die noordweste neffens die Nasionale Krugerwildtuin, sit ʼn lied in jou hart. Ek kan waarlik met Ernest Hemingway se woorde identifiseer: “Ek het nie een oggend in Afrika wakker geword, wat ek nie gelukkig was nie,” skryf Maryke Roberts.
Tshwane wil ‘afpers’ van motoriste vasvat
Studente is van die motoriste wat gereeld slagoffers is van metropolisiebeamptes wat motoriste aftrek en omkoopgeld eis.
Nieu-Seeland knak Proteas
Die Proteas het bly veg en by 154 lopies vir 7 paaltjies uitgekom, maar dit was nog 14 lopies kort van ʼn oorwinning.
Blitsbokke pak Kanada in kwarteind
Die Skotte het nie geweet wát hulle tref toe die Blitsbokke hulle Saterdagmiddag in Coventry stormgeloop het nie.
Hansafrique bied gehalte diens in die landbou-omgewing
By Hansafrique is integriteit, gehalte en diens ʼn prioriteit.
Internasionale oorsig: Somber vooruitsig vir globale ekonomiese groei
Die inkrimping in die tweede kwartaal is erger as wat ekonome verwag het, en dit voorspel niks goeds vir die VSA se ekonomiese vooruitsigte vir die res van die jaar nie.
Só lyk OB se kans op afdanking
“Ons almal weet sy is onbevoeg.”
Regering skop dalk 20 families van WK-plaas
Omtrent 20 families wat tans op die Landbounavorsingsraad se plaas naby Citrusdal in die Wes-Kaap woon, vrees dat hulle dalk binnekort sonder ʼn tuiste kan sit.
Almal hou asem op oor brandstofprys
Terwyl Suid-Afrikaners asem ophou vir ʼn aankondiging oor volgende maand se petrolprys, meen politici die regering kan heelwat doen om die petrolprys met tot R6 goedkoper te maak.
All Blacks bly gedugte teenstanders
“Ons moet altyd op ons heel beste teen Nieu-Seeland wees.”
Rowers skiet lid van metropolisie dood
Lede van die Johannesburgse metropolisie het ʼn groep mans agternagesit wat moontlik betrokke was by ʼn reeks sakemoorde in die omgewing.
Tiaan Slabbert gesels oor ‘Spoorloos: Die eiland’ se Phillip
“Ek het uitgefreak en my agent, Marius Meyer by Thespians, se ore van sy kop geskree.”
SA swemkampioen verwelkom pienkvoet
Olympia van der Burgh is gebore op haar pa se 10-jarige herdenking van sy eerste goue medalje by die Olimpiese Spele.
Hollywood: Shawn Mendes kanselleer toer; prins Harry, Meghan Markle se hofsaak vorder
Vir die eerste keer sedert haar voogdyskap tot ’n einde gekom het, het die popster Britney Spears weer agter die mikrofoon ingeskuif.