Ayman al-Zawahiri – wat Al Kaïda oorgeneem het nadat Osama bin Laden deur Amerikaanse spesiale magte gedood is – is sedert die 9/11-terreuraanvalle gesoek.
Alles vir Dinsdag 2 Augustus 2022
Nasionalisering van Reserwebank ‘gif’ vir beleggers
Die amptelike opposisie sê die ANC dink hy kan geld druk om Suid-Afrika te red uit ʼn ekonomiese verknorsing wat deur die regerende party se eie mislukte beleid veroorsaak is.
Uitdrukking: ʼn Steen des aanstoots
Taaltoffie ondersoek die herkoms en betekenis van die uitdrukking “ʼn steen des aanstoots”.
Meer as 80 in hof vir Krugersdorp-verkragtings
Geen beskuldigdes staan tans al tereg op aanklagte van verkragting totdat die DNS-ontleding afgehandel is nie.
SA’ners laat die medaljes inrol
Daar was Michaela Witbooi se goud, Erin Gallagher se silwer en Christian Sadie se brons. Boonop swem Tatjana Schoenmaker, Lara van Niekerk en Kaylene Corbett ook vanaand in die eindronde van die 100 m-borsslagitem.
Alles wat jy van die Mej. SA 2022-kroning moet weet
Die nuwe Mej. Suid-Afrika word oor minder as twee weke aangewys en die kroningsaand beloof om ʼn skouspelagtige en vermaakbelaaide vertoning te wees.
Resep: Japtrap-klapperys
Moenie verder as dié resep vir jou volgende lekkerny soek nie.
Wat die dood my geleer het
Die dood het my geleer om klein vooruitsigte in my lewe bymekaar te maak om na uit te sien. Ek het geleer, om na grashalms te gryp, minstens iets, eerder as niks is. Dit hoef nie ʼn oorsese reis te wees nie. Dit hoef nie iets groot of indrukwekkend te wees nie.
‘Vals propaganda teen OB media se skuld’ – Mpofu
Die geskorste OB, adv. Busisiwe Mkhwebane, se regsverteenwoordiger sê sy kliënt word onregverdig benadeel.
Verhoor van oudburgemeester vir verdere voorverhoor uitgestel
Gumede word beskuldig van korrupsie, geldwassery en bedrog wat verband hou met die toekenning van ʼn R398 miljoen-kontrak vir die verwydering van vaste afval in Durban.
Epgaar op wildsplaas beroof
Die vyf mans het die man en vrou oorval en by hul huis ingedwing.
Daling in brandstofpryse bring effense verligting
Dit is die grootste daling in die land se petrolprys sedert Mei vanjaar.
Dink ‘buite die boks’ om toeriste terug na SA te lok – Fedhasa
Suid-Afrika moet wegdoen met burokratiese rompslomp en sy visumstelsel opknap om dit makliker te maak vir reisigers om die land te besoek.
Kinders wat in motorbrand sterf, was by begrafnis
Kort voor die noodlottige ongeluk het ʼn onbekende meisie, wat na raming 16 jaar oud is, ʼn saamrygeleentheid saam met die begrafnisgangers gekry.
Gedagte vir die dag: Om die wêreld te oorwin
Aan almal wat Hom egter aanvaar het, dié wat in sy Naam glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. (Johannes 1:12)