Sy is Saterdagaand in die SunBet Arena by Time Square in Pretoria as die nuwe Mej. Suid-Afrika gekroon.
Lees meerAlles vir Saterdag 13 Augustus 2022
All Blacks bult spiere en wen op Ellispark
Sam Cane en sy span het hul kritici se monde vir eers gesnoer, terwyl Ian Foster vanaand aansienlik rustiger sal slaap.
Foto’s: Oor Outeniqua se berge en dale
Die bergreeks self is so ongerep en beeldskoon as wat ʼn mens enige plek in Suid-Afrika gaan kry, en dit is dan ook juis waarom die #MUT sedert sy oorsprong in 2017 gegroei het tot een van Suid-Afrika se top berg-draf byeenkomste.
Poliobewustheidsweek gevier
Poliobewustheidsweek word vandeesweek in Suid-Afrika gevier om meer lig op dié verlammende en lewensgevaarlike siekte, wat deur die poliovirus veroorsaak word, te werp. Ofskoon die siekte tot groot mate in sy spore gestuit is, het dit allermins van die gesondheidstoneel af verdwyn.
LIG-konsert: Stories van hoop
Die LIG-konsert word vanjaar op 3 September by die Soltech-kampus aangebied. Kunstenaars wat gaan optree, is die immergewilde Ruhan du Toit, Mathys Roets, Vernon Barnard, Monique Steyn en Drihan du Plessis. Koop jou kaartjies en kom kuier saam by die LIG-konsert.
Reënwater ‘nêrens op aarde’ veilig om te drink
“Ons het die planeet onherbergsaam vir menslike lewe gemaak deur dit onomkeerbaar te besmet sodat niks nou meer skoon is nie.”
Hollywood: Trouklokke lui vir Rita Ora; staatsbegrafnis vir Olivia Newton-John
Ná ’n kys wat sowat ’n jaar lank geduur het, het Taika Waititi en Rita Ora trou aan mekaar beloof.
22 aanhitsers in hof oor Julie-oproer
Twee-en-twintig verdagtes het Vrydag in die Durbanse landdroshof verskyn op aanklag van sameswering om openbare geweld te pleeg.
Internasionale oorsig: ‘Revolusie’ broei in VSA ná klopjag op Trump-woning
Die Wall Street Journal het, nadat Garland tydens ʼn mediakonferensie bevestig het dat hy verantwoordelik was vir die opdrag om ʼn dagvaarding vir ʼn klopjag op Trump se huis te kry, hierdie stap as ʼn “dobbelspel met die Amerikaanse regstelsel” beskryf.
Vier aangekeer oor Nelspruit-sakeman se moord
Vier verdagtes, tussen 27 en 30 jaar oud, is in hegtenis geneem in verband met die moord op Riaan van der Sandt, ʼn sakeman van Nelspruit.
Salman Rushdie op ventilator ná mesaanval
Die aanvaller het die verhoog bestorm waar Rushdie gesit het. “Hy het hom herhaaldelik en gewelddadig met ʼn mes gesteek.”
Pastoor sit lank ná verkragting van kinders
“Die kinders is van hul kinderjare ontneem en [die beskuldigde] het hulle blootgestel aan iets wat ʼn impak sal hê op die res van hul lewens.”
Nuwe T20-krieketreeks: wag daar ʼn pot goud?
Die reddingsboei wat deur die nuwe T20-reeks aan die Suid-Afrikaanse krieketbase uitgegooi word, kan die son weer helder op krieket laat skyn.
Parlement-brand: Mafe op ʼn eetstaking
Zandile Christmas Mafe, die vermeende brandstigter wat glo verantwoordelik is vir die reuseskade aan die parlementêre kompleks in Kaapstad, het Vrydag nie vir sy eerste hooggeregshofverskyning opgedaag nie.
Onnie mag appelleer teen skuldigbevinding
“Boot was ʼn mentor vir leerders. Dit is ʼn tragedie dat sy weens dié voorval die onderwys verlaat het. Sy was ʼn departementshoof met dekades se ondervinding.”
Bokke mik na 2 in ’n ry teen All Blacks
Teen hierdie tyd het almal al tot vervelens toe gehoor dat ’n mens nie iets soos ’n swak All Blacks-span kry nie. Nou ja, kom ons hou duimvas die Springbokke speel vanmiddag weer eens beter rugby.
Deurbraak in ondersoek na moord op burgemeester
Nog twee verdagtes is Vrydag in hegtenis geneem in verband met die moord op die burgemeester van die Collins Chabane-munisipaliteit.
‘Transnet in ʼn gemors; Gauteng-pyplyn op ʼn krisispunt’
“Buiten die omgewingskade wat hierdie deurlopende oliestortings aan plaaslike gebiede veroorsaak, hou die breuke ʼn ernstige risiko in vir energiesekuriteit vir Gauteng.”
Administratiewe sanksies op Nedbank toegepas
Die administratiewe sanksies sluit onder andere waarskuwings en ʼn algehele finansiële boete van R35 miljoen in, waarvan R15 miljoen voorwaardelik opgeskort is.
Inspirerende Letchen staan wéér op CrossFit-podium
Letchen du Plessis is met ʼn neurologiese toestand gediagnoseer wat onwillekeurige sametrekking en spasma van die spiere veroorsaak. Dit hou haar egter nie terug nie.