“Sy beïndruk my verskriklik. Ek hou baie, baie van haar. Sy is ʼn pragtige mens. Sy werk sag en sy kan regtig enigiets doen.”
Lees meerAlles vir Donderdag 30 Maart 2023
Tottenham Hotspur-borgskap finaal van die baan
“Ons regverdiging vir enige beduidende uitgawes moet steeds sin maak in die breër ekonomiese klimaat waarin ons as ʼn land onsself bevind.”
President verdedig grootte van sy kabinet
Pres. Cyril Ramaphosa sê die grootte en samestelling van die uitvoerende raad moet gelei word deur die behoeftes van die land.
Planne vorder om land van gryslys te verwyder
Pres. Cyril Ramaphosa is vol verwagting dat die land teen volgende jaar van die Internasionale Finansiële Aksietaakmag (FATF) se gryslys verwyder sal word.
Munisipale beamptes verdink van R34,7 miljoen se bedrog
Die ses persone staan tereg ‘n rits aanklagte. Die korrupsie en bedrog beloop meer as R34 miljoen.
Swaar reën vir Gauteng voorspel
ʼn Vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms vanaf Donderdagmiddag tot Vrydagaand is uitgereik vir Gauteng, Limpopo en Mpumalanga.
Gevangenis se bestuur tydelik gepos oor Thabo Bester-sage
Ondersoekers het tot die gevolgtrekking gekom dat Bester se ontsnapping “goed beplan en georganiseer was”.
Rentekoers met 50 basispunte verhoog
Dié aankondiging kom as ietwat van ʼn verrassing aangesien die meeste ekonome ’n laer verhoging voorspel het.
Prokureur in Rustenburg vermoor
Die vrou is na bewering verskeie kere in haar kantoor se parkeerterrein geskiet.
Oorwinning vir polisieman ná onbillike bevordering
Die bedingingsraad se uitspraak stuur ʼn duidelike boodskap dat onredelike bevoordeling in die aanstellingsproses binne die polisie nie meer geduld gaan word nie, sê Solidariteit.
ToekomsVenster: Gee my ’n J…
Hou die oë gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.
Besigheidsbytjies se kompetisie skop met ’n gezoem af
Wenners stap vanjaar met groot kontantpryse én ʼn magdom entrepreneuriese kennis weg.
Carina, Akani bult spiere in Potch
Carina Horn het gewys sy hoort in die vinnige baan by die nasionale atletiekkampioenskap in Potchefstroom, terwyl Akani Simbine sy 100 m-lopie in minder as tien sekondes gewen het.
Marion Holm op pad om KKNK-gangers te laat skater
“Die plakkaat het nog die oorspronklike vertoning se foto op, so dit lyk miskien ʼn bietjie hartseer. Ek belowe egter die vertoning is alles behalwe dit!”
Lise Brink se organisasie help elf SA’ners met kunsledemate
“Dis die grootste besending komponente wat ons organisasie al gestuur het na spesifieke pasiënte wie se name en stories ons ken.”
Regering wéér beveel om te help met Botswana-ondersoek
’n Regter het nou bevind dat die Suid-Afrikaanse regering vir tyd speel in plaas daarvan om saam met Botswana te werk in sy ondersoek na hooggeplaaste Suid-Afrikaanse politieke figure.
DA moet voorberei vir meer as net skaduregering
Die idee dat die DA binnekort kan regeer, al is dit as deel van ʼn koalisieregering, is nie meer so vergesog nie, sê ʼn politieke kenner. Dáárom is die naweek se federale kongres so belangrik.
Onwettige besetters pak sommer self tasse in Mnandi
Die proses om sowat 6 000 onwettige tydelike wonings van ʼn grondgebied buite Centurion te verwyder, het eindelik Woensdag begin.
Kawasaki Z650RS – Soms is eenvoud al wat jy nodig het
As jy ’n beginnerryer is, sal die RS die ideale plek wees om te begin. Hierdie is nie ’n baanfiets nie, hierdie fiets koop jy oor hoe hy lyk, en vir daardie lang ritte na nêrens op ʼn Sondagoggend.
Campbell veg weer om burgemeesterspos
Dit is die tweede mosie van wantroue in Ekurhuleni se DA-burgemeester in minder as ses maande.