“Ons wou ʼn wyn skep wat Afrikaans in al sy gedaantes vier, ongeag wie dit praat of geniet.”
Lees meerAlles vir Sondag 2 April 2023
ʼn Wêreldbeker-struikelblok uit Proteas se pad
Die reeksoorwinning teen Nederland beteken dat die Proteas nou die agtste plek op die Superliga-punteleer beklee en hul pad na die Wêreldbeker-toernooi in Indië lyk aansienlik makliker.
Derek Watts leer weer loop ná terugslag
“Daar is ʼn MRI-skandering gedoen wat gewys het dat ek geen breinskade opgedoen het nie. Toetse het ook aangedui dat daar niks fout met my hart is nie.”
Bulls byt weer in die stof
In dieselfde kort tydperk waarin Tukkies na die Varsityskild-kompetisie gerelegeer is en die Curriebekerspan teen die Griffons in Welkom verloor het, het die Bulls sopas die onderspit teen Toulouse gedelf.
Vrou eerste keer aan stuur van SANParke
“Ek twyfel nie daaraan dat SANParke in goeie hande is vir die volgende fase van sy groei nie.”
Week begin met fase 3 en 4
Volgens die kragvoorsiener sal fase 3 Maandag tussen 05:00 en 16:00 geïmplementeer word.
Outisme: Vroeë ingryping kan lewensgehalte verbeter
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie het 1 uit elke 100 kinders outisme, maar dit word dikwels eers op ’n baie latere ouderdom gediagnoseer.
Steenhuisen: ‘Ons moet ANC-EFF-koalisie keer’
“Die dag wanneer ʼn ANC-EFF-koalisie die regering oorneem, sal die einde vir Suid-Afrika wees.”
Foto’s: Elizabeth Arden se jongste parfuum vier welstand
Maroela Media het die bekendstelling van Elizabeth Arden se White Tea-parfuum bygewoon om eerstehands te ervaar hoe dié skoonheidshuis se nuwe parfuum kan bydra tot jou welstand.
Steenhuisen lei DA weer
Helen Zille as die voorsitter van die federale raad verkies terwyl Ivan Meyer as die federale voorsitter aangewys is.
Hongkong-sewes: Streepsuiker vir Blitsbokke
Die Argentyne het met twee minute se speeltyd oor ʼn drie gedruik wat verdoel is om met 7-0 voor te loop.
‘Renosterstropers’ in spore gestuit
“ʼn Ongelisensieërde .308-geweer en 14 patrone wat in ʼn plastieksak onder die enjinkap versteek was, is gevind en gekonfiskeer.”
Markram looi Nederlanders op Wanderers
Soos wat daar al male sonder tal gesê is: ʼn Afdruk van ʼn Aiden Markram-dryfhou kan gerus in die Louvre-museum gehang word.
Lions gee ʼn harde brul teen Racing
Intussen stem Schalk Burger nie noodwendig met die skeidsregter se beslissing saam om vir Emmanuel Tshituka met ʼn rooi kaart van die veld te stuur nie.
ANC-afvaardiging op pad na Rusland
Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het vandeesweek dit weer eens duidelik gemaak dat Rusland Suid-Afrika se “vriend” is.
SA vrou, gesin vertel van ondervinding op oop see
Wat op aarde het hulle besiel om die verraderlike Atlantiese Oseaan oor te steek? So het Danielle Tietze de Hoogh, vroeër van Hartbeespoort, gewroeg toe sy, haar Nederlandse man Sander, hul kinders Ava (6), Will (4) en hul kat Nova in Susie Jane hul seilboot van 13 meter lank, op die oop see in ʼn vreesaanjaende storm beland het.
Parapleeg wil gholfdroom najaag met nuwe rolstoel
Meiring de Clercq se hele lewe is in 2019 omvergegooi toe ʼn minibustaxi hom van die pad afgedruk en in ʼn stilstaande vragmotor laat vasry het.
Hou bene hou: te voet deur die VSA
Al ooit gehoor van die voetpad tussen Meksiko en Kanada? Die Pacific Crest-roete is langer as 4 000 km. ʼn Suid-Afrikaner, Arno Pouwels, het vyf maande geneem om dié roete te voltooi deur sneeu en woestyn, vier pare skoene en verby bere en muskiete.
Vlieënde Kolbe vir ʼn maand lángs kantlyn
“Ek hoop egter om so gou as moontlik weer op die speelveld te wees.”
Max wen ondanks rits rooi vlae
Daar was vandag hope aksie, drama en rooivlagchaos in Melbourne, maar te midde van alles is die geruite vlag vir Max Verstappen geswaai.