“Dit is uiters kommerwekkend dat Suid-Afrikaanse diplomate in die VAE – wat betaal word om die land se belange te bevorder – versuim het om die hofverrigtinge te volg.”
Lees meerAlles vir Vrydag 7 April 2023
Kordaatstuk vir man wat by die dood omdraai
“Na my ongeluk het ek definitief ʼn ander uitkyk op die lewe. Dit het my laat besef dat ʼn mens elke dag die geleenthede wat die Here vir jou gee moet gebruik. Jy weet nooit wanneer dit jou laaste dag op aarde is nie.”
‘Groot ingryping in gesondheidsektor nodig’
Poste in die openbare gesondheidsorgsektor word nie gevul nie of bevries, baie medici verlaat die land vir poste oorsee, terwyl die doeltreffende besteding van provinsiale gesondheidsbegrotings ook kommer wek.
Vermeende brandstofdiewe vas oor moord op polisieman
Die twee polisiebeamptes het leidrade opgevolg oor ʼn dieseltenkwa wat by ʼn myn geroof is toe daar op hulle losgebrand is.
ToekomsVenster: Kalmte, moed en wysheid
Hoe gouer ons grootword, hoe beter vir almal. Maak daarmee vrede dat alles nie noodwendig gebeur soos wat ons dit wil hê nie.
Drywer beboet oor skade aan historiese brug
Die vragmotorbestuurder het in Maart verlede jaar teen ʼn hoekpilaar van die Silwerrivier-brug op die Sewe Passe-pad gebots, maar versuim om dit aan te meld.
16 gesteelde skape agter in minibussie
Die beamptes het snuf in die neus gekry en die bussie met sy verdonkerde vensters deursoek.
Verbroude Gupta-uitlewering ‘nasionale verleentheid’
“Was daar ooit erns met die voorneme om hierdie oortreders suksesvol te laat uitlewer, veral as in gedagte gehou word wat die gevolge sou wees vir soveel hooggeplaaste ANC-lede?”
Handwerk: Kwilt ’n kruisie
Tradisioneel is kwiltwerk gewoonlik met die hand gedoen. Ons volg dieselfde metode met die kruistegniek. Neem jou tyd en werk rustig, dit is goed vir jou siel.
Gemengde reaksie oor voorgestelde koalisie-pakt
John Steenhuisen, DA-leier, het aangekondig dat dié party ʼn proses van stapel gestuur het om ʼn pakt te vorm met enersdenkende groepe om die ANC te ontsetel en die EFF uit die regering te hou. Só reageer sommige politieke partye op dié uitnodiging.
BLO loof vlieënier vir ‘onberispelike dapperheid’
“Ek wil Rudolph gelukwens met sy dapper optrede en vir hoe hy ʼn situasie hanteer het wat ʼn groot lugvaartvoorval kon wees.”
Besnoeiing aan geld vir maatskaplike dienste ‘ernstige bedreiging’
Solidariteit waarsku ook dat die uitwerking van die beperkende besnoeiings van begrotings veel wyer gevoel sal word as net by die NRO’s waarop die besnoeiings gemik is.
Duisende rande betaal, maar gʼn trouvideo
ʼn Jong getroude paartjie is platgeslaan nadat hulle ʼn videograaf ten duurste aangestel het om hul troudag vas te vang, maar hy maande later steeds geen video gelewer het nie.
Aansoek om Gupta-uitlewering misluk
Die Gupta-broers word verdink van grootskaalse betrokkenheid by staatskaping en het vroeër landuit gevlug.
Koepka se visier duidelik op Meesters-titel
Die 32-jarige Koepka wat verlede naweek sy tweede LIV-titel verower het, het sy goeie spelpeil voortgesit deur die magiese Augusta-baan met ʼn puik telling op sy knieë te dwing.
Poskantoor steier oor Sassa-kaarte wat verval
Miljoene goue Sassa-kaarte verval oor die volgende paar maande en lang toue mense wag by poskantore om hul kaarte te hernieu.
Dié expats se stories g’n treurmare oor emigrasie
“Ons is nie met wrewel weg uit Suid-Afrika nie.”
SAUK: Ramaphosa gewoond om ‘onwettig’ in te meng – DA
Sou pres. Cyril Ramaphosa steeds nie die SAUK se raad aanstel nie, sal die DA oorweeg om hom hof toe te sleep vir die versuim om sy grondwetlike en wetgewende verpligtinge na te kom.
AfriForum Teater bewaarheid Egoli-akteur se KKNK-droom
“Wie weet, miskien hom daar ʼn engel op my pad wat sê: ‘Klim in, jy gaan saam KKNK toe, met of sonder jou Sassa’,” het die 79-jarige in ʼn Facebook-inskrywing op 1 April geskryf.
Gedig: Uit: Die passie van ons Heer
“Met wyn wat dartel was en vonkelrooi – maar, hoog gehou, was in geen hand voorheen ooit wyn so rooi, ooit aardse brood so blank.”