Podlitiek: Afrikaans gly, Eskom bly en Guptas moet VSA vermy

Opgestel deur die Podlitiek-span

Ajay en Atul Gupta (Foto: ANA)

Soos Pretoria met pers jakarandabloeisels bedek word, gee die Podlitiek-span ʼn blikkie oor ʼn ander tipe pers, wanneer hulle hierdie week se nuusstories bespreek en analiseer.

Vandag kom die konstitusionele hof se uitspraak oor Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch ter sprake, sowel as pres. Cyril Ramaphosa se ommekeer oor Eskom. Daar word ook vlugtig gekyk na die VSA se besluit om die Gupta-broers op die swartlys te plaas, en die rol wat die internasionale sektor in hedendaagse politiek speel.

Eerstens kom Eskom ter sprake, met pres. Ramaphosa wat skynbaar ʼn ommeswaai wil maak rakende die aanvanklike gedagtes van verdeling en privatisering. Dit is so dat Eskom tans miljarde rande se skuld het, en dit kom nie voor asof dié kragreus binnekort gaan ophou om die belastingbetaler te dreineer nie. Wat hou die kredietagentskap Moody’s se uitsprake aan die einde van vanjaar vir Suid-Afrika in, veral siende dat Eskom onlangs vir nóg prysverhogings gevra het? Podlitiek kla ʼn bietjie oor die toedrag van sake.

Volgende word daar by die betreurenswaardige beslissing van die konstitusionele hof stilgestaan met betrekking tot die taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch en hul beslissing dat die 2016-taalplan geldig is. Podlitiek spreek sy eerlike mening hieroor uit.

Nadat hulle die Gupta’s se verskyning op die VSA se swartlys oorweeg het, kyk Podlitiek bietjie na internasionale nuus en hierdie week word Uganda se wetgewing rakende homoseksualiteit bespreek.

By Podlitiek lewer ons nie net die nuus nie, ons maak dit. Luister Podlitiek.

  • Maroela Media vra byvoorbaat om verskoning vir die kwaliteit van vandeesweek se klank. – RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

piper ·

helen zille is aangeval oor haar siening van kolonialisme in ons land. swart politieke kragte kraak dit ook af en wil verwyder in ons land. maar arme ramaparapot staan met die hoed in die hand en smeek vir beleggings in ons land van die einste koloniale westerse lande. nou hoe nou. wie gaan hier kom bele met ons 58 moorde per dag, stremende arbeidswette, onbetroubare en duur eskom, militante unies, miljoene wanbesteding sonder vervolging, en en en ens.

Lampies ·

Hi julle, ek hou baie van die podlitiek, maar maak asb seker die ouens sit hulle foon af (heeltemal) as hulle in die studio is, daar is die hele tyd “interferance”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.