Luister:  Griekwagebed –  Dankie

Argieffoto (Foto: Congerdesign/Pixabay)

Dankie

Psalm 9
Ek wil vedag die Jirre loof,
dankie sê met my hele hart!
Ek wil virrie hele mense
van U se wonnerse vetél.
Oor U wil ek bly wees en jyg,
Psalms sing virrie Allergrootste,
oorlat my vyand tru beginte staan,
strykel en loop dood voor U se kyk,
want U het nou my saak geaanvaar.
U het op U se troon geloop gesit.
Dankie, my regverdige magistraat!

U het nou die bendes gedreig
ennie skollies doodgeslat;
hille se name vi altyd en altyd
ytgekrap, toe’t hille opgedood.
U’t hille se hyse gevewoes,
ons het hille se name gevegjeet.

Die Jirre het nou Hom stoel
innie jimmel geloop reggesit.
Nou hie kom nou die reg:
Hy gat Self die saak besleg.

Die Jirre isse takkraal vi vedriktes,
Hy’s klipmier teen al onse bangtes.
Dies wat U se Naam kjen, sal vetrou,
want U lossie dies wat U soekie.

Kom maak nou singpsalms virrie Jirre,
loop vetellie nasiese wat lat Hy doen.
Bendes wat my loop en soek,
henner my nou okkie merie.
Gjee vi my ’n stikkietjie genade,
kyk hoe’t hille my gemishandel.
U wat my optel ytie hek vannie dood
solat ek van U se genade kan gat getyg.

Innie strate tissen onse dyne
kan loop sit en jibbel en jyg.
Die bendes het geloop geval
innie pits wat hille gegrou het.
Hille se voet sit innie yster
wat hille self gestel het.

Die Jirre het nou gekom gestraf
en vekragters het hille doodgeskrik
virrie werklikheid van Hy se hanne.
Dies wattie Jirre vegjeet, dood op,
ma ons werkloses sal Hy nie vegjetie,
onslikes sit nou nie veniet en waggie!

Staan op, Jirre, lattie mense ophou
dink hille is aan’t sterk worre.
Lattie bendes geoordeel raak.
Ja hille oppie skrik, Jirre,
lat hille weet, hille is net mense.

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek Karos orie dyne  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.