‘Die pad na selfbestuur’: Die rivier waarin die geskiedenis vloei

bril-boek-handboek-geskiedenis

Foto: DariuszSankowski/Pixabay.com

In vandeesweek se voorlesing van hoofstuk 3 van Die pad na selfbestuur begin Flip Buys dieper delf na die uitdagings wat Afrikaners as ʼn betreklike minderheid in die besonder in ʼn heterogene land soos Suid-Afrika ervaar.

Hierdie hoofstuk kyk spesifiek na die demografiese uitdagings wat Afrikaners nou, maar ook in die toekoms al hoe meer gaan begin ervaar. Buys voer aan dat demokrasie bepaal word deur demografie met Afrikaners wat nêrens ʼn meerderheidstem het nie. Voortaan raak die beginsel van verteenwoordiging ook al hoe meer gewild met die siening dat dit land in elke aspek die bevolkingsamestelling moet weerspieël.

Daarom span die ANC sy staatsmag in om ’n reeks maatreëls af te dwing om sy doel van gelyke uitkomste te bereik. Dit sluit onder meer in die verskerping van rasseteikens in die werkplek, verdelende ideologie en breedgebaseerde bemagtiging.

(Grafika: Verskaf)

“Wit mense in die algemeen en Afrikaners in die besonder is ’n verspreide, oorpresterende, herkenbare, voorheen bevoordeelde en soms ongewilde minderheidsgroep. Daarom kan hulle nie net staatmaak op die ewige verdraagsaamheid van die meerderheid nie, en is ’n risikobestuurstrategie die enigste volhoubare en verantwoordelike antwoord. Die beginpunt van ’n demografiese uitdaging moet ’n demografiese strategie wees,” skryf Buys.

Buys kom dus tot die slotsom dat demografiese werklikhede die beginpunt is van toekomsbeplanning. Daarom moet dit die basis vorm van enige strategie vir die toekoms wat Afrikaners wil volg.

Kom luister saam na Martin Jansen se voorlesing van dié hoofstuk uit Die pad na selfbestuur.

  • Die boek kan ook op Kraal Uitgewers se webbladbestel word. Maroela-lesers kry spesiale afslag op Die pad na selfbestuur. Gebruik die woord selfbestuur as koeponkode om R100 afslag te kry wanneer jy hierdie besonderse boek aanlyn bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

annie ·

Ons bou ons eie galg deur self gereeld dit te onderstreep dat wit mense in die land hulself bevoordeel het. Die Afrikaners is deur die Engelse bewind uitgewerk en in 1948 het die NP aan bewind gekom en die verarmde volkie self begin ophef. Die swart mense het bloot gewag dat iemand alles vir hul doen. Is dit onderdruk? Nou wil Afrikaners selfbestuur najaag. En sodra hulle hulself bemagtig sal dit as selfbevoordeling uitgekryt word. Wil ons aanhoudend onsself in die voet/kop bly skiet?

Wilhelm ·

Dankie, dis ‘n uitstekende boek, dankie vir die beskikbaar making hier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.