Soorte resepte:

Duitse disse vir Deon Lotz

Martelize Brink se spätzle. (Foto: Verskaf)

In die tweede episode van Martelize se stamtafel kuier die akteur Deon Lotz saam met Martelize. Hulle gesels oor Deon se Duitse herkoms, kuier in die kombuis en langs die vuur, en maak eisbein en .

Maak Martelize se spätzle-resep só:

Bestanddele

  • 2 k koek- of witbroodmeel
  • 4 ekstragroot eiers
  • ½ k melk
  • 1 t sout
  • 1 e botter
  • 250 ml room
  • ¼ t vars gerasperde neutmuskaat
  • Hou ekstra melk en meel byderhand indien die beslag te dik of te loperig is. Die eiergrootte kan dit beïnvloed.

Metode

  1. Meng die meel, eiers, melk en sout saam en klop die beslag vir 15 minute of tot borrels begin vorm. Jy kan ʼn handmenger of ʼn voedselverwerker gebruik.
  2. ʼn Spätzle-drukker word gewoonlik gebruik, maar jy kan ook ʼn vergiettes gebruik.
  3. Bring ʼn groot pot water tot kookpunt.
  4. Hou die vergiettes bo-oor die kokende water. Wees versigtig vir die stoom!
  5. Skep ʼn groot lepel van die beslag in die vergiettes en stoot dit deur met ʼn spaan tot daar groot druppels van die beslag in die kookwater val.
  6. Kook die beslag skep vir skep.
  7. Verwyder met ʼn gaatjieslepel en plaas die botter bo-op. Roer deur.
  8. Voeg die room by die spätzle en sprinkel neutmuskaat bo-oor.
  9. Bedien met enige vleis of vis. Jy kan ook enige kaas hierby bedien.

Het jy geweet? Die van “Lotz” is reeds van die Middeleeue af ʼn troetelnaam vir die naam “Ludwig”, en die stamvader Johan Wilhelm Lotz het 100 jaar na Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom.

Martelize se stamtafel word Woensdag om 17:00 op VIA, DStv-kanaal 147, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

VannieBaai ·

Ek is werklik mal oor dié program van Martelize Brink! Ek het vanoggend toevallig die herhaling van die bogemelde episode gekyk en was werklik verras oor hoe maklik dit gelyk het om dié betrokke pasta-soort self te maak. Ek gaan dit beslis probeer. Ek is eintlik vreeslik opgewonde daaroor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.