ToekomsVenster: Hoe gemaak met die wreedheid?

(Foto: Aaron Burden/Unsplash)

Daar is ‘n soort mens wat sy vader vervloek en vir sy moeder nie ‘n goeie woord het nie, ‘n soort mens wat homself as rein beskou, maar van wie die vuilheid nie afgewas is nie, ‘n soort mens wat vol hoogmoed, vol eiewaan is, ‘n soort mens wat koelbloedig en wreed is in sy hebsug en wat teer op die hulpeloses en armes in die land. – Spr. 30:11-14

Een van die ontstellende items in die nuus is die wrede wyse waarop ʼn  voormalige sekretaris generaal van die EFF se dogter, vermoor is. Drie persone is aangekeer en klaarblyklik is haar moord reeds maande gelede beplan.

Hierdie is maar een van talle berigte wat die nuusblaaie haal, berigte van ongekende wreedheid teenoor ander. Dit is trouens waar van die internasionale wêreld.

Hoe is dit moontlik dat mense sulke wreedhede kan pleeg? Mens wonder of sommige se gewetens tot so ʼn mate afgestomp is dat hulle net nie meer omgee nie? Inderdaad, hoe antwoord ʼn mens die vraag?

Wreedheid was sedert die begin van die wêreld, ook in die Bybelse, deel van die werklikheid. Sommer aan die begin van Genesis slaan Kain vir Abel dood omdat sy offer nie by God aanvaar is nie. Dink aan die wreedheid wat Josef se broers teenoor hom pleeg. Seker een van die mees dramatiese verhale in die Bybel wat my tot trane bring.

Selfs in die Nuwe Testament is dit Saulus, later Paulus genoem, wat die gelowiges meedoënloos vervolg omdat hulle ʼn belydenis aangaande Christus het. Die wreedheid waarmee vroeë Christene vervolg is, is eweneens bekend.

Lyk my mense het ʼn wrede streep in hulle. Miskien is die woord, “but for the grace of God, there goes I” van toepassing.

Mens kan net elke dag vra dat die Gees so beheer neem dat die vrug van sy inwoning na vore tree. Eendag sal daar ook aan die wreedheid van mense ʼn einde kom. Loof die Here daarvoor. Hoe verlang ons nie na daardie dag nie?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here U wat alomteenwoordig is dankie dat ons by U kan skuil teen die wreedheid van mense…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.