ʼn Werkswinkel vir skoliere wat wil skryf!

tiener-rekenaar-studeer2-pixabay.jpg

Foto: janeb13/pixabay.com

Wil jou kind dalk eendag ʼn skrywer word, maar het nog nie die selfvertroue om sy/ haar werk vir ander te wys nie? Dalk is dit net ʼn kwessie van ʼn storie wat afgerond moet word, of ʼn storie of opstel-idee wat behoorlik ontwikkel moet word.

As ons hier van jou kind (of dalk iemand wat jy ken) praat, het ons die perfekte werkswinkel om ʼn glimlag op sy/ haar gesig te sit!

Kinders wat passievol is oor skryf, sal baie waarde kry uit vanjaar se Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere-werkswinkel wat op 23 Julie 2022 (van 09:00 tot 15:00) op Akademia se Centurion-kampus plaasvind.

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere is ʼn praktiese en prettige eendag werkswinkel vir leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18. Dit word aangebied deur die gewilde jeugverhaalskrywer Christien Neser.

Die werkswinkel fokus op die skryfproses, vertellerperspektief, skryfgenres, hoe om ʼn storie aanmekaar te sit en redigering van jou teks – alles wat jy nodig het om jou storie te begin skryf.

Dis ʼn praktiese werkswinkel wat speletjies, oefeninge en skryfsessies insluit. Dit is die ideale werkswinkel vir skoliere wat hul kreatiewe skryfspiere wil losmaak – of hulle nou ʼn opstel, riller, tienderdrama of liefdesverhaal wil neerpen.

Oor die aanbieder

christien-neser-scaled-002.jpg

Die gewilde jeugverhaalskrywer Christien Neser.(foto verskaf)

Christien Neser is ʼn spraakterapeut van Sandton wat eers laat in haar lewe begin skryf het. Sedert sy ʼn skryfkursus van die ATKV in 2007 bygewoon het, het tientalle jeugboeke, ʼn niefiksie boek en etlike kortverhale in Huisgenoot en Rapport reeds uit haar pen verskyn, onder meer HELP! My kind is anders, Pienk is nie vir sissies nie, Absoluut Einstein en meer onlangs die gewilde Mieke-reeks. Haar boeke word deur LAPA, Tafelberg en Best Books uitgegee. Christien is ook ʼn ywerige leser, leer steeds Duits, Frans en Portugees, ry graag fiets saam met haar man, Thys, en is lief vir tuinmaak. Besoek gerus Christien se webwerf.

Bespreek jou kind se plek

Slegs ʼn beperkte aantal plekke is beskikbaar, so bespreek nou om teleurstelling te voorkom!

Kaartjies kos R650 per persoon en 10%-afslag is beskikbaar vir groepe van vyf of meer leerders. Na afloop van die werkswinkel sal deelnemers ook ʼn sertifikaat van deelname ontvang. ʼn Ligte middagete sal ook bedien word.

Klik hier om kaartjies te koop.

Inskrywings sluit op 18 Julie 2022.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.